<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bielie van 'n bokveiling!

 

Die stoetooi met haar besonderse ramlam is verkoop vir R14 000.00 aan Mnr Alkadi en sy seun Amr van Saudi-Arabia. Van links die De Klerk familie, Carice en Thabo met hulkinders, Amr (Alkadi se seun), Conrad Herbst, Corne Du Plessis en Mnr Alkadi van Saudi-Arabia.

 

News : 27 Feb 2017 512 Viewed By Press Release 0

Op 25 Februarie 2017, het Wholesome Auctions die Kalahari Red Klub se jaarlikse Nasionale Veiling aangebied by Conrad Herbst Kleinveesentrum. Deur Corne du Plessis.

Die Kalahari Reds op veiling was van hoogstaande gehalte. Die ras het groot belangstelling getrek. Ons kan net uit dankbaarheid God dank en weereens getuig dat die goeie reëns 'n groot bydrae gemaak het tot die positiewe veiling.

Die opkoms Saterdag was baie goed, ten spyte van die reën weer. Kopers was van so ver as  as Botswana en selfs Saudi-Arabia gekom. Van vroegaf was daar 'n gewoel tussen die krale. Dit is baie positief vir die ras en verkopers is baie gelukkig met die goeie pryse wat behaal is.

Hoogste pryse wat behaal is vir 'n ram: Verkoper Anton en Rickus Bothma van Vivo. Die kudderam het R19 500.00 behaal en is verkoop aan Dick Venter, namens PJ Nienaber.

Die duurste ooie is beide verkoop deur Thabo De Klerk van Pearston in die Ooskaap. Hy het n ooi met ramlam verkoop vir R14 000.00 en 'n stoetooi vir R12 500.00.

By die veiling was 'n jong 12-jarige boertjie, Henco Smith was saam met sy Oupa en Ouma by die veiling, hy boer naweke saam met grootouers op die Slabbertsop in Bronkhorstspruit. Sy Ouma, Naomi, sê haar kleinseun leef vir sy Kalahari Reds op naweke. Hy het glo 'n oog vir 'n goeie bok, maar kon net nie by Jacque Engelbrecht, van Mopani Kalahari Red stoet, se reserwe prys by kom nie. Jacques het toe die stoetooi verkoop aan Henco vir R10 000.00.

Gemiddeldeprysebehaal:

ITEM STATS ROLL_25-02-2017-KALAHARIRED

ITEM

ITEMNAME

QTY

MAX_AMT

AVG_AMT

MIN_AMT

K.OOI KUDDE

KALAHARI RED OOI KUDDE

31.00

9,500.00

5,009.68

2,750.00

K.OOI STOET

KALAHARI RED OOI STOET

(Only 3 no sales)

 

29.00

14,000.00

7,155.17

0.00

K.RAM KUDDE

KALAHARI RED RAM KUDDE

5.00

19,500.00

12,000.00

6,000.00

K.RAM STOET

KALAHARI RED RAM STOET

 

 

2.00

11,000.00

10,500.00

10,000.00

Omset R 433 800.00 op 67 dierewatverkoop is met n gemiddeldeprys van

R 6 623.88 per dier. Nie verkope was slegs 3 ooie. Wholesome Afslaers en die Kalahari Red Klub wil almal bedank wat die dag so groot sukses gemaak het.

 

 

 
 

Van links: GoffreyAsima, Paul Jordaan (Kalahari Red Klub se voorsitter) die koper Dick Venter, Anton en RickusBothma die verkopers, Conrad Herbst en Corne Du Plessis van Wholesome Afslaers. Die ram is verkoopvir R 19 500.00 

Lot 49 is verkoopaan Henco Smith vir R 10 000.00. Links van hom die teler, Jacques Engelbrecht van Mopani Kalahari reds en regs Corne Du Plessis die afslaer.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube