<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Is perde volgende op stropers se lys?

 

MOKOPANE - Eienaars van 'n plaas buite die dorp is vanoggend verstom nadat hulle op een van hul geliefde perde hingse se karkas afgekom het. Stropers het die perd se voorpote afgesny, sy oë, ore, geslagsdele en organe verwyder - of dit vir tradisionele medisyne (muti) doeleindes was is nog nie seker nie.​ Foto verskaf.

News : 02 Mar 2017 22412 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - Eienaars van 'n plaas buite die dorp is vanoggend verstom nadat hulle op een van hul geliefde hingse se karkas afgekom het. Stropers het die perd se oë, ore, geslagsdele en organe verwyder - of dit vir tradisionele medisyne (muti) doeleindes was is nog nie seker nie.

Marcelle Maritz, voorsitter van die Percy Fyve Dierebeskerminngsvereniging (DBV) op Mokopane is baie bekommerd dat hierdie insident die begin is van nog 'n vlaag muti-verwante gevalle. "Dit is die eerste keer dat ons daarvan hoor dat hulle 'n perd teiken en ons hoop dit nie die so is nie," het sy aan Noordelike Nuus gesê. "Hierdie dier is vermink en doodgemaak met 'n spesifieke doel - perde is maklike teikens en volop in ons gemeenskap."

"Die wreedheid maak my naar," het Maritz vroeër vandag op haar Facebook-blad geskryf. "Weet nie vir hoe lank ek nog die dinge moet aanskou nie. My passie is die diere maar dit word al hoe swaarder vir my om deel te wees van die grusame dinge wat plaasvind."

Sy het bevestig dat die polisie se veediefstaneenheid asook 'n lid van die Heritage Protection Group (HPG), ’n reservistegroep wat hul toelê op die ondersoek van landelike misdaadtonele, vanoggend uit  is na die toneel om ondersoek in te stel.

Die laaste paar maande het stropers nie geskroom om leeus, krokodille, aasvoëls en ander wilde diere te vergiftig om liggaamsdele af te sny nie. HPG  het verlede November aan die media gesê dat dit koppe- en pote as tradisionele medisyne verkoop word onder die voorwendsel dat die persoon wat dit gebruik seker vermoëns sal kry soos om in die toekoms in te kyk.

Enige iemand met inligting oor gisteraand se voorval, word aangemoedig om Marcelle Maritz skakel op 078 617 8682.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube