<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Selfoondiewe teiken ook hoërskoolkinders

 
News : 02 Mar 2017 601 Viewed By Helena Raats 0

jDie skool is bewus van die twee voorvalle waar leerders se selfone buite die skool afgeneem is. Die polisie is gekontak en daar is gevra dat hul asb meer sigbaar sal wees en patrollie doen. Ouers word gevra om leerders liewers binne die skoolterrein op te laai. Leerders word ook gemaan om nie hul selfone opsigtelik in hul hande te dra nie of te gebruik wanneer hul in die strate loop nie. Die Mokopane polisie doen 'n beroep om inwoners om paraat te wees nadat selfoondiewe die dorp die laaste week lamgelê het. Twee verdagte mans in 'n donkerblou motor het twee keer hierdie week - op Maandag 27 February en Woensdag 1 Maart - skoolkinders in Geysterstraat buite Hoërskool Piet Potgieter van hul selfone beroof.

Die mans het in beide gevalle die kinders genader en hul selfone afgeneem voordat hulle in 'n donker blou motor weggejaag het. Die tweede kind, 'n 13-jarige seun, wat beroof is het die motor, wat as 'n Ford Laser of Tazz beskryf word, se nommerplaat aan die polisie deurgegee.

Sersant Irene Masingi van die Mokopane polisie sê dat daar intussen vasgestel is dat die nommerplaat vervals is.

Sy sê dat daar Woensdag nog 'n man by die Wildteelsentrum in Mokopane oorval is by sy motor deur twee mans. Hulle was gewapen en het hom gedwing om na die Uitkykpad te ry waar hulle selfoon gegryp het en die bosse ingehardloop het.

Sersant Masingi het gesê dat die polisie geen bewyse het dat die gevalle verwant is nie, maar inwoners gemaan om hul selfone nie openlik te dra nie. Sy het gesê dat kinders dikwels op hul selfone speel en nie altyd bewus is van wat om hulle gebeur nie, dit maak hulle dus 'n maklike teiken vir grypdiewe.

In nog 'n geval, het inbrekers by Pep Cell in Nelson Mandela Maandagaand ingebreek. Kontant en items ter waarde van meer as R300 000 is gebuit. Niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

Hoërskool Piet Potgieter het Donderdagmiddag (2 Maart) op hul Facebook-blad geskryf dat die skool bewus was van die twee voorvalle waar leerders se selfone buite die skool afgeneem is. "Die polisie is gekontak en daar is gevra dat hul asb meer sigbaar sal wees en patrollie doen. Ouers word gevra om leerders liewers binne die skoolterrein op te laai. Leerders word ook gemaan om nie hul selfone opsigtelik in hul hande te dra nie of te gebruik wanneer hul in die strate loop nie."

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube