<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kom sit hand by en ondersteun die Noodforum se 4x4 dag

 
News : 06 Mar 2017 565 Viewed By Press Release 0

Mokopane Nood Forum lewer alreeds die afgelope 12 jaar diens aan die gemeenskap van Mokopane (Potgietersrus). Hul staan tussen 80-120 behoeftige mense (gesinne) by deur weekliks en maandeliks kospakkies te voorsien. Sedert Desember 2015 ontvang die Noordforum nie hul subsidie van die staat nie en moet hulle hul eie befondsing te behartig. So bied hulle dan die 25 Maart 2017 ‘n 4x4 dag aan.

Die Noodforum lewer kinder- en gesinsorg dienste en werk ook met jeug wat met die gereg bots. Hulle het vele opheffings projekte en vaardigheids kursusse wat hulle aanbied om individue te help om self-versorgend te raak.

Die Noodforum verkoop ook die hindernisse. Stalletjies kos R1000 en u kan u besigheid of ware kom uitstal vir die dag.

Toegang vir toeskouers beloop R30 per persoon, kinders is R10 en inskrywings vir deelname aan die 4x4 dag is R150 per voertuig wat deelneem.

Groot advertensie borde kan teen R500 en kleintjies teen R200 uitgestal word.

Daar sal kos en drinkgoed stalletjies wees sowel as n biertuin. Kos stalletjie kan teen R300 per stalletjie bekom word en ons wil graag dit ‘n heerlike gesindag vir almal maak .Hulle gee dan ook so Art 18 A kwitansies aan besighede vir belasting doeleindes.

Bank besonderhede: Mokopane Nood Forum; ABSA Tjek rek; 4063705235 (Mokopane Tak kode 334348).

Skakel Eulogia gerus by 015 491 2506 vir meer inligting.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube