-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Rina van Schalkwyk (42) is in September 2015 as Mrs Grand SA 2015/16 aangewys en was die afgelope jaar waarlik 'n inspirasie vir almal wat haar ontmoet. Rina, wat al sedert 2009 in Lephalale woon, sal in September aan die Mrs Universal World kompetisie in London gaan deelneem!
Foto: A Moment in Time Photography Lozanné Pienaar.
LEPHALALE - Rina van Schalkwyk (42) is in September 2015 as Mrs Grand SA 2015/16 aangewys en was die afgelope jaar waarlik 'n inspirasie vir almal wat haar ontmoet. Rina, wat al sedert 2009 in Lephalale woon, sal in September aan die Mrs Universal World kompetisie in London gaan deelneem!
Die kompetisie sal 3-10 September plaasvind en deelnemers sal twee dae in London spandeer en ses dae in Nottingham (so tussen die oefen deur sal daar natuurlik tyd wees vir toerisme aktiwiteite en om vir teater opvoerings te gaan kyk).
Commonwealth Pageants South Africa (Pty) Ltd, eienaar van die Mrs Grand SA kompetisie, sê in 'n persvrystelling die doel van die kompetisie is om 'n platvorm te skep wat vrouens bemagtig om daadwerklike verandering te bring en om ambassadeurs vir Suid-Afrika te wees. Die kompetisie is oop vir getroude vrouens tussen 25 en 55 jaar.
Gedurende haar tydperk as Mrs Grand SA het Rina haar toegespits op ‘n welsynsorganisasie wat fokus op die voorkoming van kinder verdrinkings en wat ook ondersteuning gee aan kinders wat gestremdhede opgedoen het nadat hulle amper verdrink het.
0 Comments