<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Limpopo Boere span saam

 
News : 09 Mar 2017 797 Viewed By NoordNuus reporter 0

Agri Limpopo en TLU SA Noord het aangekondig dat die twee organisasies hul geringe beleidsverskille ter syde gaan stel om op sekere strategiese gebiede gesamentlik op te tree in belang van landbou. Veiligheid, grondsake, skakeling met munisipaliteite, arbeid, water en ander sake is identifiseer vir hierdie samewerking.

“Die eise om landbou se winsgewendheid en volhoubaarheid in stand te hou, vereis dat landbou se saak deur ‘n sterk, verenigde stem bevorder sal word,” se die twee organisasies in 'n gesamentlike persverklaring. “Ons glo absoluut dat landbou ‘n groot rol te speel het om die platteland te stabiliseer. Verbeterde welvaart vir die mense van Limpopo sal slegs ‘n droom bly as landbou, wat die basis van Limpopo se ekonomie is, nie instandgehou en uitgebrei word nie. Om hierdie doelwitte te bereik is besluit om hande te vat in Limpopo.”

'n Nuwe liggaam, die Limpopo Landbou Forum is vir hierdie doel gestig eb is luidens die verklaring ‘n uitvloeisel van ‘n natuurlike proses wat reeds oor tyd sy beloop gehad het. Die besture van Agri Limpopo en TLU SA Noord spreek die vertroue uit dat Limpopo Landbou Forum landbou in die provinsie tot nuwe hoogtes sal laat ontwikkel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube