<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Malaria uitbreking in Waterberge

 

Daar is hierdie somer al 46 gevalle van malaria in Limpopo aangemeld en baie hiervan onder mense wat nie in gebiede woon waar malaria as 'n reël voorkom nie.

News : 14 Mar 2017 5576 Viewed By NoordNuus reporter 0

Daar is hierdie somer al 46 gevalle van malaria in Limpopo aangemeld en baie hiervan onder mense wat nie in gebiede woon waar malaria as 'n reël voorkom nie.

Thabiso Teffo, die provinsiale gesondheidsdepartement se woordvoerder, sê die meeste van hierdie gevalle is in die Lephalale-omgewing en ander dele van die Waterberge aangemeld. Daar is die afgelope maad 15 pasiënte in die Ellisras Hospitaal op Lephalale met Malaria opgeneem en na wat berig word is nog vyf mense in die dorp se Medi Clinic vir die siekte behandel. Daar is ook gevalle in die Thabazimbi-omgewing aangemeld.

Hoewel Malaria nie endemies is tot die Waterbergstreek nie sê Derick Kganyago, ook van die departement van gesondheid in Limpopo, dat dit nie heeltemal ongewoon nie. Die gebied het swaar reën neerslae oor die laaste paar maande gekry en in sulke tye kom daar soms malaria in die laagliggende gebiede langs die Mogol- en Plalalariviere voor.

Prof. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios)  bevestig dit. “Die gebiede was in gunstige jare (vir die verspreiding van die siekte) histories geneig tot malaria en dis dus nie heeltemal ongewoon (dat daar nou gevalle voorkom) nie,” verduidelik sy in 'n pers verklaring. "Dit beteken nie die malariagebiede is besig om groter te word nie.”

Weens die onlangse swaar reëns het die temperature en humiditeit toegeneem en het malariagevalle binne en buite die gewone malariagebiede in Suid-Afrika beduidend toegeneem. Die gebiede sluit in die noordooste van Limpopo, die Laeveld-gebiede van Mpumalanga (Mbombela uitgesluit) en die verre noorde van KwaZulu-Natal, en buurlande soos veral Mosambiek in.

Simptome van malaria sluit in koors, hoofpyn, spierpyne, kouekoors en ’n gesweet.

Blumberg sê wanneer malaria binne die eerste of tweede dag gediagnoseer word, is dit maklik behandelbaar.

Nios moedig gesondheidsorgpraktisyns aan om waaksaam te wees betreffende malaria by alle mense wat ’n onverklaarbare hoë koors (38 °C en hoër) en verkouesimptome toon, selfs al het hulle nie gereis nie.

Vir meer inligting besoek - https://www.dred.com/how-to-prevent-malaria.html

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube