<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Besige tyd vir Bosveld Boerbokklub!

 

Van Links: Conrad Herbst, Sarel Kriek van Beste van Beide Boerbokke, die jonk koper. Vaughn Van Den Berg, Corne Du Plessis(afslaer), Frans Van Rooyen, Leon Stols en sy dogter Gaby. Die ram is verkoop deur Douw Van Der Merwe van beste van beide vir R25 000.

News : 14 Mar 2017 634 Viewed 0

Wholesome Afslaers het die Bosveld Boerbokklub se veiling aangebied op 11 Maart in Pretoria by die Conrad Herbst Kleinveesentrum. Die diere wat aangebied is was van hoogstaande gehalte. Keuring was gedoen deurJosef Kleynhans en Jaco van der Merwe.

Die nuwevoorsitter van die Bosveld Boerbokklub, Joubert Fourie, het die verwelkoming en opening waargeneem. Hy het van die geleentheid gebruik gemaak om 'n skenking te doen aan Bekker Landbouskool. Bekker neem deel aan die Jeugskou, maar hul boerbokke is gesteel en kan daar om nie verder deelneem aan skoue nie.

Joubert het sy bokooi van die veiling onttrek en geskenk aan Douwniel Kroukamp. Douwniel, het 'n mooi brief gerig aan die klub, wat Joubert se hart geroer het. Net daar het Sarek Kriek, van Beste Van Beide Boerbokke ook 'n skenking gemaak van 'n ooi met twee lammers. Douwniel se Pa, Wimpie Kroukamp het die veiling ondersteun deur nog twee bokooie te koop.

Nog positiewe nuus vanuit die jeug was 'n jong 11-jarige boer, genaamd Vaughn Van Den Berg, wat sy eerste Junior Boerbokkursus geslaag het. Sy Pa, Karools, se dat Vaughn 'n groot liefdev ir boerbokke het. Vaughn se vennoot, Oom Leon Stolshet die veiling saambygewoon en hul het 'n pragtige groep bokke gekoop. Die duurste ram is ook gekoop deur Vaughn. Die verkoper, Douw Van Der Merwe van Beste van Beide Boerbokke wou veel meer gehad het vir die ram. Maar na hy telefonies in kennisgestel is dat Vaughn die hoogste bod op die ram het, het hy die ram verkoop aan hom vir R 25 000.00.

Die aanvraag na rammeis baie goed. Dit kan gesien word aan die hoe gemiddelde pryse. Die ooie het ook goed verkoop.

Van Wholesome Afslaers, Conrad Herbst, Corne Du Plessis en die Bosveld Boerbokklub wil ons almal bedank wat die veiling so n grootsuksesgemaak het.

 

 

 

 

Die pragtigegroepbokke is gekoopdeurVaugn Van Den Berg en syvennootOom Leon Stols.

Van links: Corne Du Plessis, Oom Leon Stols en sydogter Gaby, Vaughn Van Den Berg,

Conrad Herbst en Karools Van Den Berg, Vaughn se Pa.

 

 

Van Links: Conrad Herbst, Sarel Kriek van Beste van Beide Boerbokke, die jonkkoper

Vaughn Van Den Berg, Corne Du Plessis(afslaer), Frans Van Rooyen, Leon Stols en sy

dogter Gaby.Die ram is verkoopdeur Douw Van Der Merwe van Beste van Beidevir R 25 000.00.

 

 

 

 
 

Die duurste ooi is verkoop deur Cois Delport van Pico Boerbokstoet, van Wesselsbron se wêreld. Die verkoopprys was R8 000 Salmon Van Huyssteen, van Kameeldrift, het onderskeidelik R8 000; R7 500 en R7 000 betaal vir die drie ooie op die foto. Van links: Jaco Matroos, Conrad Herbst, Gift Makhanya, Elise Steenkamp, Salmon Van Huyssteen, Maxwell Njiwalo en Corne Du Plessis (afslaer).

Die pragtigegroepbokke is gekoop deur Vaugn Van Den Berg en sy vennoot Oom Leon Stols. Van links: Corne Du Plessis, Oom Leon Stols en sy dogter Gaby, Vaughn Van Den Berg, Conrad Herbst en Karools Van Den Berg, Vaughn se Pa.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube