<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

ADVERTENSIE: POS BESKIKBAAR

 
News : 28 Mar 2017 880 Viewed 0

Die Direksie van Residentia, wat binne ‘n bejaardesorg omgewing funksioneer, nooi hiermee toepaslike gekwalifiseerde/ervare persone om aansoek te doen vir die pos van:

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE – RESIDENTIA WATERBERG

Posvereistes:

Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik:

·                Graad 12 (NQF4). ‘n Toepaslike kwalifikasie of diploma sal dien as aanbeveling.

·                Opleiding in en ‘n minimum van drie (3) jaar ondervinding in Pastel "Accounting".

·                Ten volle rekenaarvaardig (MS Excel, MS Word, Power Point).

·                Tweetalig – Afrikaans en Engels (geskrewe en gesproke).

·                Moet beskik oor ‘n geldige bestuurslisensie.

·                Goeie geskrewe en gesproke interpersoonlike en kommunikasie vaardighede en mense verhoudinge.

·                Goeie oordeel en die vermoë om konfidensieel op te tree.

·                Goeie organisasie en tydsbeplannings vermoëns.

·                Gesonde respek vir veelsydigheid en ‘n sensitiwiteit vir ander kulture

·                Moet oor sterk administrasie vaardighede beskik en onder druk kan funksioneer.

 

Verantwoordelikhede:

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir inter alia die volgende:

 

·                Bedryf op ad hoc basis die skakelbord, hantering van navrae en ontvangs.

·                Administrasie en skakeling met die salarisafdeling in verband met menslike hulpbronne aangeleenthede.

·                Elektroniese betalings van skuldbeslagorders, krediteure, derde partye en ander statutere betalings.

·                Implimenteer en handhaaf ‘n behoorlike kontrole stelsel asook die volledige kontrole van brondokumente.

·                Behulpsaam met die bestuur van debiteure, krediteure en skuldinvordering.

·                Verslagdoening.

·                Rekonsiliasie van BTW rekening asook die voltooiing van BTW / SARS opbrengste.

·                Hantering van die kleinkas.

·                Die opstel van agendas, kennisgewings, notules en bundels vir vergaderings.

Residentia bied ʼn onderhandelbare vergoedingspakket wat maatskappyvoordele insluit.

Stuur u CV vir aandag Dianri Pretorius na die volgende e-pos adres: dianri@residentia.co.za

Die sluitingsdatum is 7 April 2017. (Indien u nie binne 30 dae na sluiting ʼn antwoord ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Residentia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling in die pos, soos geadverteer, te maak nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube