<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boer in die hof oor dagga plantjies in tonnels

 
News : 31 Mar 2017 956 Viewed By NoordNuus reporter 0

SWARTWATER – Dit gons behoorlik in die Bosveld nadat ‘n boer van Swartwater op 27 Maart in die hof verskyn het nadat hy verlede naweek gearresteer is vir die onwettige verbouing van dagga.Waarvoor die dagga, bykans 2300 plantjies, gekweek word is nie duidelik nie.

Lt. Kol Moatse Ngoepe van die Limpopo Polisie sê dit is moontlik dat die boer die plantjies vir olieproduksie produseer, maar dit te vroeg in die ondersoek is om verseker te sê. Indien wel sal die hof moet besluit oor die boer se lot.

Dagga oilie is die nuutste tendens vir medisinale gebruik en terwyl die Bosveld oor die voor- en nadele van debatteer, moet daar besluit word oor die lot van die 54-jarige boer wat glo met sowat 2 300 goedversorgde daggaplantjies in tonnels op sy plaas sit.

Ngoepe sê die arrestasie is deel van 'n inter provinsiale polisieveldtog teen dwelmhandel en misbruik wat op Vrydag 24 Maart in Limpopo afgeskop het. Polisie het glo ondersoek op die plaas ingestel nadat inligting ontvang is dat die man dagga in sy tonnels kweek.

Ngoepe het gesê dat die man kort na hy gearresteer is vrygelaat is met 'n waarskuwing om Maandag in die hof te verskyn. "Hy is nie meer 'n kind nie en dit sou hom onnodiglik verneder as ons hom in die selle aangehou het," sê Ngoepe.

Die waarde van die daggaplantjies wat gekonfiskeer is word op R350 000 beraam. Daar is ook talle ander mense in Limpopo en Mpumalanga oor die naweek in hegtenis geneem tydens die polisie se dwelmveldtog.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube