<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Marken jagter steeds vermis in Zimbabwe

 

Scott van Zyl.

News : 10 Apr 2017 1924 Viewed By Helena Raats 0

Die soektog na Scott van Zyl, ‘n professional jagter van Marken, duur voort nadat hy Vrydagmiddag tydens ‘n jag in Zimbabwe vermis geraak het.

Scott het vroeër hierdie maand saam met ‘n groep buitelandse jagters in Zimbabwe gaan jag en glo Vrydagmiddag nie teruggekom nie nadat hy een van sy honde wat gaan soek het. Die honde het sonder Scott teruggekeer na die kamp toe.

Volgens berigte was Scott op ‘n luiperd se spoor voordat hy vermis geraak het. Hy kry gereeld permitte om te gaan jag as eienaar van SS Pro Safari’s.

Die jaggemeenskap staan saam en ‘n massiewe soektog is onderweg met sowat drie helikopters om hom op te spoor. Die soektog duur vandag, 10 April, voort nadat sy spore gevind is. Sy rugsak is glo op die Limpopo-rivier se oewer gevind.

Salome de Villiers, stigter van die GoFundMe-blad vir die reddingspoging vra dat enige iemand wat wil bydra tot die reddingspoging na die spesiale GoFundMe-blad gaan om fondse te skenk. Enige iemand wat wil bydrae kan hierdie skakel volg: https://www.gofundme.com/search-rescue-scott-van-zyl.

De Villiers bevestig dat die Limpopo Jagters Skakelforum (Limpopo Hunters Liason Forum), Heritage Protection Group (HPG), Ripcord, Zimbabwe Professionele Jagters en Gidsvereniging (ZPHGA) en die Suid-Afrikaanse SAPS en Weermag van die organisasies is wat betrokke is by die soektog.

Sy het almal gemaan om te waak teen bespiegelinge en om nie onbevestigde gerugte te versprei nie.

Op haar Facebook-blad het Suré van Zyl, Scott se vrou, almal bedank wat betrokke is by die soektog om haar man op te spoor. “Mag God hom veilig bewaar en al die reddingspanne seën.”

 

 

 
 

‘n Foto van die helicopters wat van die Suid-Afrikaanse grens se kant af werk om Scott op te spoor. Nog ‘n groot helicopter van Harare, Zimbabwe, word ook gebruik, maar is nie op hierdie foto nie. Foto: GoFundMe (Salome de Villiers).

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube