<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Drie vas na plaasaanval

 

Die vuurwapen wat gevind is. Foto: HPG

News : 16 May 2017 1718 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - Die SAPS in Roedtan het drie vermeende plaasaanvallers gearresteer wat in die vroeë oggendure van 15 Mei Sam Liversage (68) in die bors geskiet het op die plaas, Klipgat, naby die Spoedwelpad.​

Die drie verdagtes, almal jonger as 31, is gearresteer nadat hulle, volgens die polisie by die plaashuis ingebreek het terwyl die egpaar geslaap het. Liversage het glo opgestaan nadat hy wakker geword het omdat hy iets gehoor het.

Hy is in die bolyf gewond en die verdagtes het glo op vlug geslaan. Liversage is per ambulans na die Mediclinic in Polokwane vervoer.

Volgens Maroela Media word sy toestand as kritiek maar stabiel beskryf. Hy het baie bloed verloor.

Die polisie het dadelik gereageer en al drie verdagtes is vasgetrek en een vuurwapen is ook gevind. Die Heritage Protection Group (HPG) se spoorsnyers het saam met die polisie gewerk om die verdagtes vas te trek. HPG het die spore sowat 20km gevolg in samewerking met die plaaslike gemeenskap en het Hien van Wes Dunnes bedank vir sy helikopter bystand.

Volgens Lt Col. Moatshe Ngoepe sal die verdagtes binnekort in die Modimolle Landdroshof verskyn.

Marcelle Maritz, leier van die VF+ in Limpopo, het namens die party hul misnoeë uitgespreek oor die feit dat bejaardes geteiken word deur plaasaanvallers.

 

 

 

 
 

Foto: HPG

Spore en die skoene van die vermeende plaasaanvallers. Foto: HPG

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube