<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

'Kyk, Ma, daar's 'n seekoei in die pad!'

 
News : 17 May 2017 1124 Viewed By Helena Raats 0

“[Dit] is nie ‘n grap as jy half sewe die oggend jou kar in reverse moet gooi as die meneer op jou afhardloop nie. Die kids is so opgewonde hulle sien ‘n seekoei en mamma jaag sodat hy nie in ons vas hardloop nie!” skryf Vicky Swanepoel van Lephalale op haar Facebook.

Motoriste moes behoorlik bontstaan toe die seekoei glo eers in Ledibeng Eko Landgoed gaan stap het en toe in Ouhout op en Knoppiesdoring straat geloop het. Die seekoei is later terug rivier toe.

Inwoners van Ledibeng se monde het behoorlik oopgehang toe die seekoei verby hulle huis loop.

Die seekoei het besluit om bietjie die dorp te besoek 16 Mei. Dit is nie seker of die seekoei die maat is van een wat twee weke terug raakgery is nie en van watter reservaat die seekoei afkomstig is nie. Seekoeie weeg tussen 1 en 1.5t en is bekend vir hul aggressiewe gedrag.

Niemand is egter beseer nie.

Hier is Vicky se video wat sy op Facebook gelaai het: https://www.facebook.com/vicky.engelbrecht1/videos/1307113826070920/

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube