<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Zebiedela Sitrus skietery: Mokwena het glo vir sy lewe gevrees

 
News : 28 Jun 2017 624 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Landbou en voedselwerkersunie FAWU se Limpopo voorsitter, Peter Mashishi het Dinsdag na afloop van Tumi Mokwena se borgaansoek in die Thabamoopo Landdroshof gesê Zebediela sitruswerkers se gees is gedemp nadat borg toegestaan is. "Mense kan nie glo hy word vrygelaat nadat hy vier van hulle geskiet en gewond het nie," het hy gesê.

Mokwena, die omstrede prokureursvriend van die EFF leier, Julius Malema, het glo vir sy lewe gevrees toe omtrent 500 ontstoke plaaswerkers van die Zebediela Sitrus landgoed in Limpopo in opstand gekom het en het na bewering wild en wakker begin skiet en vier van die werkers gewond. Hy het van die toneel af gevlug en is verlede week by sy praktyk in Polokwane in hegtenis geneem.

Tydens sy borgaansoek in die het die hof gehoor dat Mokwena gevoel het hy moes homself verdedig teen die oproerige werkers. Na verneem word was daar ontevredenheid onder van die landgoed se werkers oor hul lone.

Mokwena het na die hofverrigting, bygestaan deur Malema, aan die media gesê hy betreur die fisiese konflik wat uitgebreek het, maar het volle vertroue in die regstelsel en glo dat die waarheid sal uitkom. "Ons glo hy is onskuldig," het Malema bygevoeg.

Mokwena is vrygelaat op borgtog van R10 000.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube