<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sylvania gaan voort met Grass Valley

 

Uitsig van die Nylrivier buite Mokopane.

News : 13 Jul 2017 974 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die departement van omgewingsake het die appèl wat die Nyl Aksiegroep aangeteken het teen die omgewingsgoedkeuring van Sylvania Platinum se beplande mynaktiwiteite by die ou Grass Valley Chroommyn naby Mokopane ter syde gestel.

Sylvania het by die departement van minerale hulpbronne aansoek gedoen vir omgewingstoestemming om die ou Grass Valley myn se mynhope te herwerk en ook uit 'n oopgroef te myn. In haar antwoord op die appèl sê die minister van omgewingsake, me. Edna Molewa dat daar na haar mening voldoende gemeenskapsdeelname was en dat die minerale hulpbronne departement die spesialisverslae na behore in ag geneem het in sy besluit.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube