<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

AfriForum oorhandig emmers riool aan munisipaliteit

 

Aldo Venter Hennie Badenhorst Jaco Grobbelaar Chris Boshoff en Chris van der Westhuizen op pad na die munisipale kantoor in Lephalale.

News : 02 Aug 2017 1313 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - AfriForum in Lephalale het op 27 Julie emmers vol rou riool by die Lephalale Plaaslike Munisipaliteit afgelewer as deel van ’n bewusmakingsprojek oor die voortslepende rioolprobleme in dié dorp.

Die organisasie het tydens die aksie ook ’n brief aan verteenwoordigers van die munisipaliteit oorhandig waarin dit ’n aksieplan en afskrifte van toepaslike rioolwaterbestuur- en rioolwerklisensies in Ellisras van die munisipaliteit eis. 

Die brief is deur Charity Raditabe, waarnemende munisipale bestuurder, ontvang waarna die partye vergader het. Na afloop van die vergadering het verteenwoordigers van die munisipaliteit lede van AfriForum na die probleemgebiede vergesel.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Limpopo, gaan Lephalale voortdurend onder rioolprobleme gebuk, wat tot ernstige waterbesoedeling lei en gevolglik ook groot gesondheidsrisiko’s vir mense en diere inhou.

Volgens Chris Boshoff, AfriForum se omgewingsake koördineerder, is dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid om daadwerklik in te gryp.

“Artikel 24 van die Grondwet bepaal dat alle Suid-Afrikaanse burgers die reg het op ’n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie. Die munisipaliteit het dus ’n grondwetlike plig om skoon drinkwater aan die gemeenskap te verskaf en in die ekostelsel terug te sit,” sê Boshoff.

Volgens Grobbelaar hoop AfriForum om ’n goeie samewerkingsverhouding met die munisipaliteit te bou sodat probleme in Lephalale spoedig getakel kan word. Die situasie sal deurlopend gemoniteer word.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube