<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pasop vir boewe in die hoofstraat

 
News : 18 Aug 2017 1453 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - Die afgelope week is verskeie gevalle aangemeld waar vermeende boewe op en af in Thabo Mbeki straat loop opsoek na 'n geleentheid om goedere uit motors te steel. 

In die verlede het Noordelike Nuus reeds berig oor boewe wat stilletjies agterdeure oopmaak of jou aandag aan die bestuurskant probeer aftrek deur na 'n pap wiel te verwys, terwyl hulle jou besteel. 

Teiken areas is veral die gedeelte voor die Absa-gebou tot by die robot oorkant die Crossing Mall gebou. Motoriste word gemaan om hul motor deure te sluit en seker te maak dat al vier deure ten alle tye gesluit is. Moet nie goedere en toerusting op die sitplekke los nie, sluit dit liewers in die kattebak toe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube