<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Renosterboer en sy vrou op plaas vermoor

 
News : 21 Aug 2017 2575 Viewed By NoordNuus reporter 0

IMMERPAN - Skok en afgryse is deur die Mokopane gemeenskap uitgespreek nadat Piet van Zyl, 'n bekende boer van Mokopane en sy vrou, Tilla, albei in hul 60s, Saterdagaand op hul plaas in die Immerpan-omgewing oorval en vermoor is. 

Beide is volgens berigte met ‘n pistool geskiet en hul liggame is Sondagoggend deur 'n familielid in hul slaapkamer aangetref.

Hoewel die kluis tydens Saterdagaand se aanval oopgebreek is, is dit nog nie duidelik of daar iets gesteel is nie.

Van Zyl het vroeër jare met gesaaides op die Springbokvlakte geboer en was veral bekend vir sy groot katoen aanplantings. Later jare het hy hom op renosters toegelê en dié diere ten duurste beskerm.

Hy is 'n jaar gelede in hegtenis geneem nadat hy in 'n lokval gelei is om renosterhoring onwettig aan 'n agent te verkoop.

Van Zyl moes gereeld pogings om sy renosters te stroop afweer. Daar was verlede jaar, in die maand voor hy in hegtenis geneem is, sewe pogings om renosters te stroop op sy plaas. "Elke keer het die stropers gevlug, net om 'n paar dae later terug te kom. Dit nadat daar al nege renosters by hom gestroop is die afgelope jaar of twee," het die bekende megaboer en vriend van Van Zyl, Piet Warren destyds aan gesê. 'n Tiende renoster is Desember geskiet ten spyte van die gewapende wagte wat aangestel is om die renosters op te pas.

Teen Maandag kon die Limpopo polisie bevestig dat daar vyf aanvallers was en dat hul spore na 'n naby teerpad gelei het waar hulle vermoedelik deur 'n voertuig opgelaai is.

Die Heritage Protection Group (HPG) asook verskeie boere organisasies was Sondag op die toneel om die polisie by te staan met die ondersoek.

Intussen het die landbou-organisasie TLU SA Sondagaand ‘n waarskuwing uitgereik nadat daar glo vyf plaasaanvalle oor die naweek plaasgevind het waarin vier mense vermoor is.

Die ander aanvalle sluit in ‘n moord in die Noordwes waar Arno Niehaus beroof en verwurg is asook die moord op Anton Smuts wat op sy plaas in Kinross in Mpumalanga doodgeskiet is. Die  aanval was ‘n aanval op die laas van James Munroe in Barberton wat oorval, aangerand en beroof is.

TLU-SA het in Maart ‘n persverklaring uitgereik waarin hulle gesê het dat die moorde in 2017 skokkend is. Hulle het ‘n beroep op die polisie en regering gedoen om dringend aksie te neem. Volgens TLU-SA was daar sover 277 gevalle in 2017 waarin 55 mense dood is.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube