<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

OTM-skelmslenters neem toe in Lephalale

 
News : 31 Aug 2017 695 Viewed By Helena Raats 0

LEPHALALE - Vir die laaste vyf jaar is rowers wat OTM-gebruikers dophou en besteel 'n probleem in Lephalale. In die afgelope paar jaar het Noordelike Nuus berig oor kaarte wat gekloon of geskandeer word, valse pin panele en diewe wat oor skouers loer. Een gebruiker vertel haar man is van R10 000 beroof by 'n OTM in Onverwacht nadat sy kaart glo in die masjien vasgesit het.

"Die volgende oomblik het 'n man nader gekom knoppies gedruk en het weggehardloop met sy bankkaart en geld," skryf sy op Ellisras Saampraat se Facebook-blad. Die booswigte trek die maksimum bedrag en wat dan dikwels tot net na middernag om weer te trek indien die kaart nie dadelik gekanselleer word nie.

Een na die ander het inwoners ook hul staaltjies vertel. Een vertel dat sy by die OTM’s naby Spar beroof is, terwyl 'n ander se kaart vroeër die maand by die inkopiesentrum gegryp is. Die laasgenoemde booswig is egter glo deur die sekuriteit vasgetrek is. 

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) maan alle verbruikers om paraat te wees wanneer geld by ’n kitsbank onttrek. Gebruikers word gemaan om op die uitkyk te wees vir enigiets ongewoon as hulle ʼn transaksie doen. As jy vermoed daar is fout met die OTM, kanselleer die transaksie onmiddellik. As jy die transaksie nie kan kanselleer nie, bly by die masjien staan terwyl jy jou kaart kanselleer.

Die vals panele is 'n toestel wat bo-oor die OTM masjien se knoppies pas en lyk dikwels nes die regte panele. Kaart afdrukke is die onwettige praktyk van die inligting op ’n kaart se magnetiese strook kopieer. Dit kan by enige OTM of kaart masjien gebeur. 

Hierdie toestelle kopieer basies jou kaart inligting terwyl 'n klein kamera jou afneem wanneer jy jou PIN-nommer intik. Die inligting word dan na iemand naby se selfoon, tablet of rekenaar gestuur wat die skelms toelaat om geld uit jou rekening te trek.

Minder gesofistikeerde skelms bied aan om te help of trek die slagoffer se aandag af deur knoppies te druk. In die proses word jou bankkaart omgeruil met 'n soortgelyke een. 'n Ander metode is om met die kaartgleuf te peuter sodat jou kaart vassit. Die skelm staan naby aan die gebruiker om sy of haar OTM-pin te probeer sien. Wanneer die gebruiker se kaart ingesluk word of nie wil werk nie, staan hulle dikwels terug of gaan bank toe, terselfdertyd neem die skelm die slagoffer se kaart en PIN en trek dan blitsig geld.

Indien jy tydens ‘n transaksie gepla word deur ’n ander persoon, verander jou PIN onmiddellik of stop jou bankkaart.

Vermy kitsbanke waarvan die skerms dof vertoon of wat te stadig werk. Volg die instruksies van die OTM noukeurig. Tik jou PIN in slegs wanneer daarvoor gevra word. Kies ’n PIN wat maklik is om te onthou, maar moeilik is om te ontsyfer. Moet nie jou verjaarsdag datum gebruik as ’n PIN nie.

Moet nooit jou bankkaart in die gleuf in forseer nie.

Moet niemand om hulp nader nie, self nie die sekerheids wagte nie. Gaan liewers direk bank toe.

Rapporteer dus verdagte mense wat by die kitsbanke rondhang sodat die boewe vasgetrek kan word!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube