<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Van Zyl moord: verdagtes in hof vir borgaansoek

 
News : 13 Sep 2017 1973 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE - Die sewe mans wat in verband met die moorde op Piet en Tilla van Zyl van Immerpan naby Mokopane in hegtenis geneem is, het hierdie week in die Lebowakgomo landdroshof verskyn. Hulle borgaansoek sou Woensdag gehoor word. Die borgaansoek  duur 15 September voort.

Die sewe, waaronder een voormalige werknemer van die Van Zyls, is kort na die aanval op die Van Zyl egpaar op 19 Augustus gearresteer. Limpopo polisiewoordvoerder, Kol. Moatshe Ngoepe skryf die reeks vinnige arrestasies toe aan knap samewerking tussen die provinsie se landelike misdaad taakspan wat bestaan uit polisie- en private speurders, spoorsnyers en die polisie se misdaad intelligensie eenheid.

Die vermeende roofbende wat in ouderdomme wissel van 29 tot 42 jaar is almal van Mpumalanga met die uitsondering van een Zimbabwiër wat voorheen vir Piet van Zyl gewerk het. 'n Handwapen, magasyn en ammunisie is tydens die arrestasies by een van die verdagtes gevind. Die polisie ondersoek tans die oorsprong van hierdie wapen.

Ngoepe sê  Van Zyls, wie se lyke die oggend van 20 Augustus gevind is, se hande was vasgebind en hulle het etlike skietwonde gehad.

Twee jaggewere, en twee handwapens is tydens die rooftog gesteel.

Die polisieondersoek duur voort.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube