<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bekende inwoner vermoor tydens plaasaanval

 
News : 21 Sep 2017 1716 Viewed By Helena Raats 0

LEPHALALE - 'n Bekende inwoner van die dorp, dr Werner Emslie, is gisteraand (Woensdag, 20 September) doodgeskiet en sy vrou, dr Mariëtte Emslie, ernstig gewond tydens 'n plaasaanval waarby vier verdagtes betrokke was. Die egpaar se dogter, Barbara, ook beseer tydens die aanval. 

​Volgens berigte was twee van die vier verdagtes gewapen. Mariëtte is ook geskiet en is per helikopter na Pretoria gebring vir behandeling. Dit blyk dat die koeël haar lewer beskadig het. Sy is tans in 'n kritieke, maar stabiele toestand. Barbara is vir minder ernstige beserings behandel.

Die verdagtes het met die egpaar se bakkie gevlug, maar etlike kilometers van die plaas af oorgeklim in 'n ander voertuig. Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie en die polisie ondersoek tans die saak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

Hierdie is die derde plaasaanval in Limpopo area in die afgelope vier weke. Op 13 September is Cecil en Pat Peterson deur vier verdagtes op hul plaas tussen Modimolle en Bela Bela aangeval. Pat is doodgeskiet en Cecil is steeds in die hospitaal nadat hy in sy kaak geskiet is. Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Op 20 Augustus is die Mokopane gemeenskap geruk deur die moord op Piet en Tilla van Zyl van Roedtan. Sewe verdagtes is intussen in hegtenis geneem in verband met die voorval.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube