<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Emslie-moord: moontlike verdagte vasgetrek

 

Foto: HPG

News : 19 Oct 2017 1567 Viewed By Helena Raats 0

LEPHALALE - 'n Verdagte is vroeër die week in Frankfort gearresteer in verband met die moord op Dr Werner Emslie op 20 September. Die Heritage Protection Group (HPG), in samewerking met Qiniso Lonke en die Lephalale polisie, het gister gesê 'n "moontlike verdagte is gearresteer en verdere ondersoek word gedoen om ander verdagtes op te spoor.

HPG, 'n misdaadbestrydingsorganisasie, in samewerking met Qiniso Lonke, Lephalale speurdiens en Lephalale misdaad inteligensie het inligting opgevolg te Frankfort oor die moord van Dr Emslie op sy plaas Waterval buite Lephalale.

Dr Werner Emslie is 20 September doodgeskiet en sy vrou, dr Mariëtte Emslie, ernstig gewond tydens 'n plaasaanval waarby vier verdagtes betrokke was. Mariëtte is aangerand en ook geskiet, maar het die aanval oorleef. 

Die egpaar se dogter, Barbara, het tydens die aanval dadelik hulp ontbied deur haar broer, Grant, te bel. 

Die verdagtes het met die egpaar se bakkie gevlug, maar etlike kilometers van die plaas af oorgeklim in 'n ander voertuig. Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie.

Een van die koeëls het haar rugstring getref en sy kan tans nie loop nie. Sy sterk tans aan in die spinale rehabilitasie-eenheid van die Meulmed-hospitaal in Pretoria. Mariëtte het onlangs aan Rapport gesê​ dat sy glo dat sy weer sal kan loop, maar dat dit tyd gaan neem.

 

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube