<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Honderde trek saam by Moorddrift vir Swart Maandag

 

Mense wat aan die Swart Maandag saamtrek deelgeneem het, het kruise en slagspreke teen plaasmoorde op hul voertuie aangebring om hul ontevredenheid met die toenemende aanvalle op plase te kenne te gee.

News : 30 Oct 2017 3034 Viewed By NoordNuus reporter 0

Verkeer op die R101 tussen Mokopane en Mookgophong in Limpopo is tot stilstand gebring toe honderde mense by die Moorddrift monument buite Mokopane bymekaargekom het as deel van die landswye protesaksie teen aanvalle op Suid-Afrika se boeregemeenskap.

Die groep het saam gebid na 'n toespraak deur Vryheidsfront Plus provinsiale leier Marcelle Maritz. Sy het die gemeenskap bedank vir hul steun en gesê sy was baie dankbaar om te sien hoe baie mense vir die saamtrek opgedaag het.

Gemoedere het hoog geloop en mense het mekaar aangemoedig om paraat te wees. 'n Bekende boer van die omgewing het gesê boere moet aanhou bid en alles wat die Here vir hulle beskikbaar maak gebruik om hulle en hul kinders te beveilig.

Mense wat aan die Swart Maandag saamtrek deelgeneem het, het kruise en slagspreke teen plaasmoorde op plakkate en op hul voertuie aangebring om hul ontevredenheid met die toenemende aanvalle op plase te kenne te gee.

Soortgelyke saamtrekke is ook landswyd gehou waar Suid-Afrikaners hul frustrasie met die regering se onvermoë om landelike misdaad hok te slaan duidelik gemaak het aan die buitewêreld. 

Die Moorddrift monument is 'n bekende landmerk in die omgewing wat die slagting van Voortrekkers onder leiding van Hermanus Potgieter in 1854 herdenk.

 

 

 
 

Verkeer op die R101 tussen Mokopane en Mookgophong (dit was Potgietersrus en Naboomspruit) was vir kilometers opgehoop toe inwoners van die dorpe en landbou-omgewing Maandag hul weg na die Moorddrift Monument buite Mokopane gebaan het om deel te neem aan die Swart Maandag saamtrek.

Marcelle Maritz, limpopo leier vir die Vryheidsfront Plus, het boere tydens die Swart Maandag byeenkoms by Moorddrift toegespreek. 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube