<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Moord verdagte ontsnap uit polisie aanhouding

 

Indien enige iemand inligting het oor waar Peter Moyo is of hom sien, skakel Sakkie Louwrens by 071 798 7954.

News : 14 Nov 2017 1927 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE – Die verdagte wat einde Oktober gearresteer is in verband met die moord op Dr Werner Emslie het vanoggend volgens die Heritage Protection Group (HPG) uit aanhouding in die Lephalale polisiestasie se selle ontsnap. ​

Volgens HPG word die verdagte, Petrus Moyo, na bewering verbind met ‘n reeks inbrake in Lephalale en Frankfort. Hy is in Oktober aangekeer in verband met die aanval op die Emslie-gesin se plaas, Waterval. Dr Emslie is vermoor en sy vrou, Dr Mariëtte Emslie, ernstig aangerand.

HPG het bekend gemaak dat Moyo glo formele uitwysings gedoen op die moord-toneel en dat hulle saam met die polisie werk om nog verdagtes vas te trek.

Indien enige iemand inligting het of hom sien, skakel Sakkie Louwrens by 071 798 7954.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube