<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Moord verdagte weer vasgetrek

 

LEHALALE - Die polisie in Lephalale het Petrus Moyo op heterdaad betrap terwyl hy besig was om by 'n huis in te breek net agter die Lephalale winkelsentrum. Moyo het Dinsdag uit die polisieselle ontsnap waar hy saam met drie ander verdagtes aangehou is.

News : 17 Nov 2017 1862 Viewed By Helena Raats 0

LEHALALE - Die polisie in Lephalale het Petrus Moyo op heterdaad betrap terwyl hy besig was om by 'n huis in te breek net agter die Lephalale winkelsentrum. Moyo het Dinsdag uit die polisieselle ontsnap waar hy saam met drie ander verdagtes aangehou is.

​Moyo, wat in sy twintigs is, is in Oktober aangekeer in verband met die aanval op die Emslie-gesin se plaas, Waterval. Dr Emslie is vermoor en sy vrou, Dr Mariëtte Emslie, ernstig aangerand.

Volgens HPG word die verdagte, Petrus Moyo, na bewering verbind met ‘n reeks inbrake in Lephalale en Frankfort. HPG het bekend gemaak dat Moyo glo formele uitwysings gedoen op die moord-toneel en dat hulle saam met die polisie werk om nog verdagtes vas te trek.

​Moyo het Maandag in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, diefstal en huisbraak. Hy sal op 14 Desember weer in die hof verskyn.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube