<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vermeende inbreker slaap glo in die veld

 
News : 28 Aug 2018 3232 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - 'n Inbreker het verlede week op verskeie huise in Kameeldoringpark toegeslaan. Lede van die polisie vermoed dat die verdagte in die veld slaap. Die polisie, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye werk om die net nouer te span om die verdagte vas te trek.

Die verdagte gebruik 'n boutsnyer om diefwering af te sny. Hy buig die diefwering dan oop om toegang tot huise te kry. Die man het Donderdag, 23 Augustus, volgens gerugte glo by drie huise ingebreek in Kameeldoringpark en onder meer kameras en 'n sakrekenaar gesteel.

Volgens die Valke Buurtwag het hulle die afgelope naweek gereelde patrollies gery in die area om voorkomend op te tree. Volgens 'n plaaslike nood Whatsapp groep is 'n man, wie se skoenspore soortgelyk aan die verdagte s'n is, Maandagaand, 27 Augustus, gesien waar hy op 'n sypadjie gesit het, maar hy is die veld in voordat hulle hom kon ondervra.

Volgens die polisie is dit belangrik om u huis sover as moontlik te beveilig. Maak seker dat alle deure gesluit is en dat vensters behoorlik toe is. Oop vensters en fietse wat rondlê, veral as 'n mens dit van die straat af kan sien, skep onnodige geleentheid vir potensiële inbrake en diefstal.

Honde in die huis, 'n alarmstelsel gekoppel aan 'n sekuriteitsmaatskappy, ligte wat aangaan indien iemand voor hulle verby beweeg kan as afskrikmiddels dien.

Gebruik u paniekknoppie indien u een het as u iets hoor of sien in die nag. Stel ondersoek in wanneer die honde blaf. Sluit aan by 'n plaaslike buurtwag. Maak seker jy ken jou bure en het hul kontaknommers. Skakel die polisie indien jy vermoed dat enige iemand jou erf onwettig betree het. 

Meld alle voorvalle by die polisie aan, dit help om hul saak te bou teen 'n verdagte as hulle vingerafdrukke en spore kan koppel. Skakel die Mokopane polisie by 015 409 1469, 015 491 1418, 079 951 5885 of 082 565 7436.

 

 

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube