-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Die Loop van Hoop Mokopane se datum kom nou vinnig nader en die opgewondenheid is groot oor hierdie jaarlikse hoogtepunt wat op 14 en 15 Oktober van 18h00 tot 06h00 by Hoërskool Piet Potgieter se sportvelde plaasvind.
Verlede jaar is die insamelingsteiken verbygesteek. Daar was gemik vir R220 000 en daar is R271 000 ingesamel. Die komitee hoop vir hierdie jaar se insameling op R270 000,00. Sover trek hulle by R20 000. Die barometer word bygehou by Pick ‘n Pay (Mokopane Mall) om die vordering van die fondsinsameling aan te dui.
Daar is reeds 75 spanne ingeskryf en organiseerders hoop dat daar uiteindelik 170 spanne sal inskryf hierdie jaar. Elke besigheid, kerk, skool en organisasie word dus uitgedaag om soveel moontlik spanne in te skryf. NG Hulp & Hoop Gemeenskapskerk het reeds 11 spanne ingeskryf en daag die ander kerke uit om daarop te verbeter.
Spanne (10 -15 persone) kan inskryf by Urma Prinsloo by 082 898 2686, by Linda Smit by 083 702 0514 of by Charlette Griessel by 082 569 4621. Die kostes hierdie jaar sal R650 per span beloop en dit sluit 15 Luminaria sakkies in.
Loop van Hoop Mokopane 2011 is ook beskikbaar op Facebook. Gaan kyk gerus by “Relay For Life Mokopane”. Kansa doen reuse werk rondom kankernavorsing vir medikasie en ook vir voorkoming en gee hulp aan kankerlyers. Navrae by Kansa Limpopo voorsitter Dr. Chris Harris 082 335 1155. Algemene navrae by Sandra de Graaf by 082 693 9741. Die volgende spankapteinsvergadering waarby alle spankapteins teenwoordig moet wees asb is by NG Hulp & Hoop Gemeenskapskerk, HF Verwoerd 18 op 3 Oktober 2011 om 18h00.
0 Comments