<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Selfs breinaalde straks onwettig

 
News : 30 Sep 2011 159 Viewed 0

Kenners het hierdie week gewaarsku dat die regering se voorgestelde wetgewing oor sogenaamde gevaarlike wapens van byna enigiemand ‘n krimineel gaan maak en byna onmoontlik gaan wees om te polisieer.
Die voorgestelde wet op Gevaarlike Wapens wat in die Staatskoerant van 2 September 2011 gepubliseer was beskou enige voorwerp wat gebruik kan word om ‘n persoon te beseer as ‘n gevaarlike wapen. Om aan te voer dat ‘n mens so ‘n ‘wapen’ dra vir selfverdediging sal ook nie as verweer deur hierdie wet aanvaar word nie.
Doors le Roux, veiligheidsverteenwoordiger van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie, het vroeër vandeesweek daarop gewys dat ‘n mes of ‘n Leatherman (noodsaaklike werktuie op ‘n plaas), ‘n skroewedraaier of selfs ‘n breinaald (kan iemand se oog uitsteek!) nie besit of gedra mag word nie. Le Roux sê die verwysing na enige voorwerp wat gebruik kan word om iemand te beseer, kan enigiets wees, selfs ‘n hammer, ‘n briewetas, ‘n kamera of selfs ‘n bottel Old Brown Sherry!
Die TLU waarsku dat die definisie uiters gevaarlik is “want dit gee aan die alreeds problematiese polisiediens ‘n dekmantel om enige persoon te arresteer.”
Verder die onus is op die besitter of draer van die sogenaamde ‘gevaarlike wapen’ om sy/haar onskuld te bewys, waarsku Le Roux. “Die diskressie word nou aan die polisielid gegee om te besluit of die bottel Worcestershire sous wat ‘n dame in haar inkopiesak dra ‘n bedreiging vir ander inhou of ander laat bang voel.”
Grondwetkenners het daarop gewys dat Artikel 3(h) van die Grondwet waarborg dat elke persoon onskuldig geag te word totdat daardie persoon se skuld bewys kan word.
Le Roux het ook sy ontevredenheid uitgedruk met die wet se ontkenning van selfverdediging as motivering om sekere ‘wapens’ soos pepersproei te dra.
Hy het gesê dat die wet skynbaar ten doel het om wetsgehoorsame burgers die passiewe slagoffers van genadelose misdadigers te maak deur hulle te ontwapen.
Le Roux het gevra of die regering bereid sal wees om al die boere te vergoed vir die skroewedraaiers, Leathermans en breinaalde wat nou nie meer besit of gedra mag word nie? Of is dit maar net weer ‘n geval van onteiening sonder vergoeding soos met die waterwet, die mineralewet en ook nou met grondbesit?

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube