<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Staat gaar grond op

 
News : 11 Oct 2011 152 Viewed By Valerie Cilliers 0
Van alle grond wat vir grondrestitusie doeleindes deur die Regering aangekoop is, behoort 85,6% nou aan die Staat en slegs 14.4% is op grondeisers se name geregistreer. So lui ‘n verslag wat deur DA woordvoerder, Lindiwe Mazibuko verlede week uitgereik is. Volgens haar wys die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se 2010/11 verslag daarop dat van die 322 844.9931 hektaar grond wat tydens die 2010/11 finansiele jaar aangekoop is, is 276 396.6839 hektaar grond in die staat se naam geregistreer en slegs 46 448.3038 hetaar aan grondeisers behoort. Mazibuko meen dat dit een van die groot redes is waarom grondhervorming nie in Suid-Afrika slaag nie. “Eisers wat grond van die Staat huur kan nie lenings by die bank aangaan om verbetering op die grond aan te bring nie. Wie gaan in elkgeval verbeterings aanbring op grond wat nie jou eiendom is nie?" Volgens Theo de Jager, adjunk-president van Agri SA, word hierdie sentimente bevestig deur swart lede van dié landbou-unie. “Swart lede van Agri SA, sê hul grootste probleem is finansiering en grondeienaarskap en as die Regering aangaan soos nou, is daar oor 10 jaar net twee soorte boere: blanke boere wat grondbesitters is en swart boere wat grond huur van die Staat. Dit is ook nie grond hervorming nie. Suid-Afrika behoort te leer uit internasionale ervaring. Ondervinding in ander lande toon dat staatsgrond wat verhuur word nie so produktief soos privaatgrond ontwikkel en geboer word nie en dat die hulpbron ook dikwels skade ly wanneer grond verhuur word,” meen de Jager.
 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube