-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - As jy verlede Saterdagoggend gaan inkopies doen het by Lephalale Square, kon jy die geleentheid kry om ‘n luiperdman in ‘n vanghok se naam nog verder te plank deur hom met eiers te gooi. Jannie Wentzel se eie goeie vriende het hom daar parkeer ter fondsinsameling vir sy huwelik, waarvoor daar darem nog, volgens hulle, twee weke hersteltyd oor was. Jannie se verloofde, Mariska Botes, het hom darem ondersteun en alhoewel Jannie nog baie lyfseer is na die dag, is hulle baie tevrede met die bedrag geld wat hulle ingesamel het.
0 Comments