-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Lephalale – 11-13 Oktober. Ellisras Hoërskool se musiekblyspel “Ma Ek Soek ‘n Ou” was ‘n wêreldreis op een verhoog. Die produksie, onder leiding van Annelie Wessels en opgevoer deur graad 8 tot 12 leerders, was ‘n spanpoging deur verskeie onderwysers en ouers.
In die storie hoop ‘n ma om haar tienerdogter se hunkering na liefde (lees muisneste) af te skud deur haar saam met ‘n vriendin landuit te stuur om ‘n bietjie afstand van haar begeertes te kry. Die twee meisies toer deur Duitsland, Spanje, Frankryk en Amerika. Hulle beleef interessante plekke en ontmoet ewe interessante vreemdelinge, maar uiteindelik keer hulle terug na Suid-Afrika, waar die dogter haar liefde vind by ‘n vriend wat maar nog altyd daar was.
Die hoofrolle is vertolk deur Chanté Pretorius, Albert Jordaan en Jorine Rich.
0 Comments