-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Volgens media-berigte is twee sensuswerkers in Limpopo met ’n mes gedreig en beroof. Provinsiale Polisie woordvoerder, Ronel Otto, sê egter die polisie is nie bewus van enige aanvalle op sensu werkers nie. “Geen voorvalle is tot op hede by die polisie aangemeld nie,” het sy Maandag bevestig.
In Lephalale is gerugte dat ‘n sensuswerker verlede week geskiet is deur die distriks Sensus koördineerder, Human Mautjana weerlê. Hy sê geen van die werkers is in die area is geteiken of gedreig nie. “Ons het wel werkers aangeraai om in groepe van twee saam te beweeg.
Sensuswerkers het aan Noordelike Nuus gesê dat hulle nie bekommerd is oor hulle veiligheid nie, maar dat hulle nooit hulle sensussake en materiaal onbeman laat nie. Dit wil voorkom of die sensussakke deur kriminele geroof word om hulle later voor te doen as sensuswerkers. Nog geen sakke is egter in hier geroof nie.
Intussen het AfriForum ? beroep op alle Afrikaanssprekendes gedoen om te vra dat Afrikaanse sensusvorms aan hulle gegee word. “Moeite is gedoen om te verseker dat die vorms in Afrikaans beskikbaar is en hoe meer Afrikaanse vorms gebruik word, hoe meer is dit bewys van die behoefte aan Afrikaanse dienslewering in die land,” het Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum gesê. Sy meen dit geld ook vir die nege ander inheemse Suid-Afrikaanse landstale. Sy het mense wat sterk oor die toekoms van hulle moedertaal voel, herinner om hulle taalvoorkeure baie duidelik op die sensusvorm aan te dui. “Sodoende kom jy nie alleen jou wetlike verpligting om aan die nasionale sensus deel te neem na nie, maar jy neem ook ? groot stap ter bevordering en beskerming van jou taal.”
0 Comments