-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Volgens Minnie, en duidelik sigbaar in die foto’s, het daar niks oorgebly van die gesin se besittings nie. Gelukkig is niemand in die brand beseer nie.
Minnie het aan Noordelike Nuus gesê dat sy en haar gesin absoluut verstom is oor die welwillendheid van Lephalale se gemeenskap. Behalwe vir al die SMS’e het mense al soveel geskenke aangedra in die vorm van klere en donasies. Sy sê sy wil graag elke individu persoonlik bedank en hoop om dit nog te doen, maar tot dan bedank sy solank almal wat hulle so onvoorwaardelik ondersteun.
Maja de Kock, werknemer van Adansonia Safaris, het aan Noordelike Nuus bevestig dat hulle van plan is om ‘n noodfonds vir die gesin te stig, maar totdat die fonds in plek is, kan skenkings in die volgende rekening inbetaal word: WF Venter, Standardbank, Tak 052547, spaarrekeningnr: 134023447. Enige donasies kan ook afgelewer word by Dawie Vos by Arrow Bearings (oorkant Palm Park Hotel) of by die Hardekool Akademie, Rietspruit. Indien mense klere wil skenk vir die kinders: meisies
11/12 jaar en skoengrootte, volwasse nr. 5; 9/10jr en skoengrootte, volwasse nr. 2
6/7jr en skoengrootte, kinder nr. 11
Seun - 2/3jr en skoengrootte, kinder nr. 7.
0 Comments