-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Ellisras Hoërskool se lourierfunksie het ‘n nuwe baadjie aan en was verlede Donderdagaand goed ontvang. Slegs die matrieks ontvang van nou af aan die einde van die jaar al hulle toekennings vir sport, kultuur en akademie. Die Graad 8 – 11 leerders ontvang toekennings vir sport en kultuur sodat hulle vierde kwartaalpunte ook in ag geneem kan word vir ‘n bykomende lourierfunksie wat in Januarie 2012 sal plaasvind.
Corlia Vermaas is aangewys as 2011 se Dux leerling. Die sportdogter en –seun van die jaar is Marné Wolstenholme en Albert Jordaan. Albert is ook gekies as die kultuurpersoonlikheid van die jaar en as 2012 se hoofseun, saam met Anine Coetsee (hoofmeisie). Jano de Meyer het die handhawingstrofee ontvang en Eumarie Maree is aangewys as Rassie van die Jaar.
Graad 12 akademiese presteerders:7 onderskeidings: Corlia Vermaas; 6 onderskeidings: Helené Powell, Lodewikus Grobler, Nicolaas Roux, Xander Oosthuysen en Wilhelmina van Staden; 5 onderskeidings: Eumarie Maree en Grant Emslie; 4 onderskeidings: Bronwyn Marais en Danel van der Merwe; 3 onderskeidings: Nthabiseng Maesela, Tanya Dempers, Jonelle Trichardt en Jano de Meyer
2 onderskeidings: Linnaé Reyneke, Deon Hattingh, Maryke Jacobs, Hendrik Human, Zoë-Lee Verwey, Chinique Luüs en Petrus Brits; 1 onderskeiding: Johanna Hendriks, Anthonie van det Mescht, Franscois de Lange, Ashley Muller, Dewald Ras, Rulanda van Wyk, Zandi de Lange,
Charles van Niekerk, Jean-Pierre de Villiers.
Graad 12 se top sportpresteerders is Eumarie Maree (Beste hokkiespeler); Grant Emslie (Beste rugbyspeler en beste voorspeler); Gina Meyer (Senior hokkiespeler); Johannes vd Linde (Beste seuns tennisspeler); Jonelle Trichardt (Beste netbalspeler); Tiaan Gerber (Beste voorspeler rugby en Cravenweek A-span); Lourens Nagel (Beste krieketspeler en senior kolwer); Dewald Ras (Beste senior bouler); Ronald Ramahuta (Skaak).
Lodewyk Grobler (ATKV debat); Corlé Hendriks (Revue); Jano de Meyer (Toneel); Corrie Vermaak (Revue); Fransman de Lange (Revue); Deon Hattingh (Toneel – Beste spel in Afrikaans); Zoë-Lee Verwey (Revue); Monica Booyse (Revue); Casandra van Zyl (Revue); Suzette Jvan Rensburg (Revue).
0 Comments