<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Piet Pot haal uit en wys!

 
News : 28 Oct 2011 469 Viewed 0

Tydens hul onlangse Lourierfunksie is Hoërskool Piet Potgieter se leerlinge beloon vir hul besondere prestasies die afgelope jaar.
Michiel Venter en Elsje Swanepoel is aangewys as die Gr 12 Dux Leerlinge. Solly Mokwena en Lenice van Eyk is die sportseun en dogter van die jaar terwyl Danny Visser en Carla Mostert aangewys is as kultuurseun en dogter van 2011.
Damian Baker was die beste leerlingraadslid vir die jaar en Anthony Eva is aangewys as die Pottie van die Jaar.
Die Hoofleiers vir 2012 is: Hoofseun - Johan Jacobs, Onderhoofseun - Jean-André Coetzer, Hoofmeisie - Aninka Janse van Rensburg en Onderhoofmeisie - Mari van der Wateren.
Die sporttoekennings vir die verskillende sportsoorte was as volg:
Seunsatleet - Jaun Korff
Dogtersatleet - Elzarie van Wyk
Netbalspeler - Elzarie van Wyk
Gholfspeler - Liezl Horn
Hokkiespeler - Helené Peens
Seunskrieketspeler - Raymondt Coleman
Dogterskrieketspeler Lenice van Eyk
Seunslandloper - Gerald Kekana
Dogterslandloper Tess Bester
Seunstennisspeler - Anthony Eva
Dogterstennisspeler - Lenice van Eyk
Skut van die jaar - Shannen Blignaut
Seunsswemmer - Christo Grové
Dogtersswemmer - Nita-Mari Nel
Tweekamp atleet - Michiel Venter
Rugbyspeler - Jeremy Claassens

Kultuurdogter, Karla Mostert saam met mev. Cecile Rademeyer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube