-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Eskom sal nie verskoning maak vir sy twee nuwe kragstatsies (Kusile en Medupi) nie. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land wat energie en werkgeleenthede nodig het.” Dit was die boodskap hierdie week van Eskom aan die media toe Greenpeace International- aktiviste Maandag Eskom se Kusile kragstasie naby Ogies beset het.
Die aktiviste het Maandagoggend omstreeks 07h00 toegang tot die hoofhek van Kusile gekry en probeer om die bouwerk te ontwrig. Melita Steele, bestuurder van Greenpeace se klimaatprojek het ten tye van die voorval aan Noordelike Nuus gesê dat ‘n banier met die woorde: “Kusile: Climate Killer” op een van die huiskrane vasgemaak is. Sy het vertel dat sewe aktiviste toegang tot die bouperseel verkry en huiskrane begin klim het. Dit het later bekend geword dat drie lede van Greenpeace in hegtenis geneem is op aanklag van betreding en kwaadwillige saakbeskadiging.
Steele voer aan dat Suid-Afrika verslaaf is aan steenkool en nie aan die gevolge dink as dit by omgewingsake kom nie.
Op die vraag of die Medupi kragstasie ook in Greenpeace se spervuur is, het Steele geantwoord dat hulle hoof fokus nou Kusile is. Intussen het Medupi se projek bestuurder, Roman Crookes, verlede week by ‘n media konferensie in Lephalale gesê dat Medupi daarna streef om met die hulp van gevorderde tegnologie, die nuwe kragstasie in staat te stel om minder steenkool te verbrand wat sal lei tot minder uitlaatgasse. Sulfaat-dioksied sal ook uit uitlaatgasse verwyder word om skoner lug te verseker. Die atmosfeer en lug kwaliteit sal ook voortdurend gemonitor word.
Intussen word verneem dat daat wel groen protesaksie vir Medupi beplan word, maar onder die faandel van Earthlife Africa.
0 Comments