-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die pad tussen Swartwater en Tom Burke bly ‘n nagmerrie met slaggate wat steeds nie reggemaak is nie. Vrydag 4 November het Sipho Nkadimeng van Louis Trichardt beheer oor sy voertuig verloor nadat hy ‘n slaggat getref het. Sy motor het gerol en meters verder op sy dak te lande gekom.
Gelukkig is Nkademing nie beseer nie, maar van sy silwer Ford Fiesta kan nie dieselfde gesê word nie. Nog ‘n padgebruiker Maryke Baard het ook ‘n band verloor toe sy Saterdagmiddag dieselfde pad gery het en ‘n slaggat getref het.
Party van die slaggate is nie sigbaar nie, aangesien daar reeds aan die pad gewerk word en sommige gate reeds gevul is. Padgebruikers word gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle reis tussen Swartwater en Tom Burke.
0 Comments