<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Die lewe, wat ’n voorreg...

 

Die voetjie van ’n ses dae oue babaseuntjie deur die kameralens van ’n passievolle fotograaf,  Martie Pretorius.

Rubrieke / Columns : 24 Oct 2014 137 Viewed By Martie Le Grange 0

Wat is meer kosbaar as ’n nuwe lewe? Net so kosbaar is die verbintenis tussen ’n ma en haar pasgebore baba? So skryf Martie Pretorius.
Enige vrou wat ’n kind of kinders van haar eie het behoort saam te stem dat ma’s berge sal versit vir hulle kroos, ongeag of hul ouderdom. Soveel te meer vir haar pasgebore baba.
Vanaf die eerste oogopslag tussen ’n ma en haar baba is daar ongetwyfeld ’n verbintenis. Selfs voor geboorte word daar ’n liefdesband gebou. Só ’n klein skepping is inderdaad iets om te bewonder. ’n “Aaaaag moeder” is ’n normale reaksie en die behoefte om in aanraking te kom met die klein lyfie of net om nuuskierig te wees hoe volmaak dié nuwe mensie is,  is verrykend. Dit is deel van die mens se natuur.
Elke gesigstrek, beweging en selfs die geringste klankie wat ’n nuwe lewetjie maak, is kosbaar. Die piepklein vingertjies, pienk voetjies en die sagte fyn haartjies op ’n baba se koppie laat mens opnuut besef die lewe is sonder twyfel ’n wonderwerk en sekerlik een van die grootste geskenke wat die lewe kan bied.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube