<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Datsun ‘Go’ in SA

 
Rubrieke / Columns : 13 Nov 2014 156 Viewed By NoordNuus reporter 0

Na ‘n afwesigheid van meer as 20jaar keer die beminde en gewilde Datsun naam weer terug na Suid Afrika, maar anders as wat meeste Datsun-liefhebbers gehoop het, met ‘n herontwerpte en meer moderne embleem op ‘n piepklein karretjie waarmee Datsun die tawwe en hoogs kompeterende intreevlak-segment wil aanvat.
Met ‘n intreeprys van slegs  R89,500 vir die “Mid Model” en  R99,500 vir die “Lux Model” teiken Datsun die kopers wat hul eerste motor koop en veral jong mense en studente. Die GO beskik gevolglik  oor die basiese vereistes vir slimfoon koppeling. Daar is byvoorbeeld ‘n verstelbare foonstasie op die voorpaneel en ook  USB, AUX en Bluetooth skakeling (afhangend van die klankstelsel).
 ‘n Verdere teikengroep is mense wie ‘n klein, stylvolle en ekonomiese motortjie wil hê waarmee daar in en rondom die stad of dorp gependel kan word.
Die GO bied verbasend baie kop- en beenspasie asook ‘n bagasieruim wat 295 liter kan sluk.
Volgens Des Fenner, Algemene Bestuurder van Datsun Suid Afrika sal 44 Datsun handelaars reeds vanaf 20 Oktober 2014 met verkope van die klein GO kan begin.
Die GO se 1198cc, drie-silinder vierklep enjin met dubbele bo-nokaste en  petrol inspuiting lewer piek krag van 50kW by 5000rpm en 104Nm wringkrag by 4000rpm. Die 0-100kpu lopie neem 13,3 sekondes.
Die GO is voorwiel aangedrewe met behulp van ‘n 5-spoed handratkas.
Volgens Datsun SA gebruik die GO slegs 5,2liter brandstof vir elke 100km afgelê in 'n gekombineerde siklus van stad en ooppad reis. Die Datsun Go weeg slegs 1152kg, is 1,6m wyd,1,4m hoog en 3,7m lank.
Die GO is toegerus met geventileerde remskywe voor, maar kom nie met ABS of enige lugsakke nie.
‘n Drie jaar 100 000km waarborg met padbystand diens kom standaard as jy ‘n GO koop en kopers kan uit ‘n reeks diens-  en onderhoudsplan opsies kies. ‘n Een jaar/30,000km diensplan kos byvoorbeeld R3507-00 en ‘n 5 jaar/150,000km plan sal jou R18,352-00 uit die sak jaag.
Datsun bied ‘n verskeidenheid opsionele ekstras wat jou GO sal verfraai om by jou persoonlikheid en styl te pas en sluit onder meer in allooiwiele, drukvin en parkeer-
gonsers vir buite en sat/nav vir binne.Datsun het so pas sy terugkeer op Suid Afrikaanse paaie gemaak met die bekendstelling van die klein ‘GO’ motortjie. Die naam is afgelei van die eerste Datsun, die “DAT-Go” wat gedurende 1914 in Japan bekendgestel is.
Na ‘n afwesigheid van meer as 20jaar keer die beminde en gewilde Datsun naam weer terug na Suid Afrika, maar anders as wat meeste Datsun-liefhebbers gehoop het, met ‘n herontwerpte en meer moderne embleem op ‘n piepklein karretjie waarmee Datsun die tawwe en hoogs kompeterende intreevlak-segment wil aanvat.
Met ‘n intreeprys van slegs  R89,500 vir die “Mid Model” en  R99,500 vir die “Lux Model” teiken Datsun die kopers wat hul eerste motor koop en veral jong mense en studente. Die GO beskik gevolglik  oor die basiese vereistes vir slimfoon koppeling. Daar is byvoorbeeld ‘n verstelbare foonstasie op die voorpaneel en ook  USB, AUX en Bluetooth skakeling (afhangend van die klankstelsel).
 ‘n Verdere teikengroep is mense wie ‘n klein, stylvolle en ekonomiese motortjie wil hê waarmee daar in en rondom die stad of dorp gependel kan word.
Die GO bied verbasend baie kop- en beenspasie asook ‘n bagasieruim wat 295 liter kan sluk.
Volgens Des Fenner, Algemene Bestuurder van Datsun Suid Afrika sal 44 Datsun handelaars reeds vanaf 20 Oktober 2014 met verkope van die klein GO kan begin.
Die GO se 1198cc, drie-silinder vierklep enjin met dubbele bo-nokaste en  petrol inspuiting lewer piek krag van 50kW by 5000rpm en 104Nm wringkrag by 4000rpm. Die 0-100kpu lopie neem 13,3 sekondes.
Die GO is voorwiel aangedrewe met behulp van ‘n 5-spoed handratkas.
Volgens Datsun SA gebruik die GO slegs 5,2liter brandstof vir elke 100km afgelê in 'n gekombineerde siklus van stad en ooppad reis. Die Datsun Go weeg slegs 1152kg, is 1,6m wyd,1,4m hoog en 3,7m lank.
Die GO is toegerus met geventileerde remskywe voor, maar kom nie met ABS of enige lugsakke nie.
‘n Drie jaar 100 000km waarborg met padbystand diens kom standaard as jy ‘n GO koop en kopers kan uit ‘n reeks diens-  en onderhoudsplan opsies kies. ‘n Een jaar/30,000km diensplan kos byvoorbeeld R3507-00 en ‘n 5 jaar/150,000km plan sal jou R18,352-00 uit die sak jaag.
Datsun bied ‘n verskeidenheid opsionele ekstras wat jou GO sal verfraai om by jou persoonlikheid en styl te pas en sluit onder meer in allooiwiele, drukvin en parkeer-
gonsers vir buite en sat/nav vir binne.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube