<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe modelle vir Sportage Sorento en K2700

 
Rubrieke / Columns : 29 Jan 2015 71 Viewed By Dirk Gallowitz 0

KIA Motors het einde laasjaar sy modelreeks opgekikker met die toevoeging van nuwe beter toegeruste Sportage, Sorento en K2700 spesiale modelle.
Slegs beskikbaar in SA kan jy nou die Sportage Explore, Sorento Adventure en K2700 Sebenza koop. Al drie modelle kom toegerus met gewaarmerkte KIA  bykomstighede en bied uitstekende waarde vir geld, terwyl dit ook mooi lyk.
Die KIA Sportage Explore kom nou standaard met sateliet navigasie asook spesiale matte in die kajuit. Buite is daar ‘n spesiale “Explore”-pakket wat ondermeer ‘n sleepstang, verkroomde bosbreker voor  en kanttrappe insluit.  KIA se bekende 2.0 VGT CRDi enjin wat 130kW by 4000 r/min en 382Nm wringkrag tussen 1800 en 2500Nm lewer,  doen diens onder die enjinkap en is gekoppel aan ‘n 6-gang outomatiese ratkas.  
Dubbelsone klimaatbeheer, ‘n  Infinity Premium klankstel met versterker, sleutellose oop- en aansluit asook ‘n  glas sondak is ook standaard. Die KIA Sportage AWD CRDi 2.0 Outo Explore kos R471,995-00, BTW ingesluit en kom standaard  met ‘n 5 jaar/100 000km Diensplan.
Die groter KIA Sorento Adventure met sy luukse 7-sitplekke, kragtige 2,2CRDI dieselkragbron (wat ook in die gewone Sorento diens doen) en gerieffunksies kry nou ook sateliet navigasie as standaard. Buite is daar ook ‘n sleepstang, bosbreker en kanttrappe ekstra om die idee van avontuurlustig-wees te beklemtoon.  Binne kry jy spesiale “Adventure” gemerkte matte en soos met die Sportage, kan jy nou ook jou Sorento Adventure sleutelloos oop- en toesluit ,asook aan- en afskakel.
Die KIA Sorento 2.2 AWD Outo Adventure verhandel teen R566,995-00 BTW ingesluit en kom standaard met KIA se 5jaar/100 000km Onderhoudsplan.
The KIA K2700 Workhorse met ‘n 1,3 ton vragdra vermoë doen lank reeds diens by talle klein en medium grootte besighede. Die K2700 Sebenza kry  nou standaard ‘n bosbreker voor, ‘n sleepstang agter, spesiale matte in die kajuit en ‘n radio. Aangedrywing is met dieselfde  2665 cc dieselenjin sonder ‘n turbo soos in die normale K2700 en bied 62kW piekkrag en 165Nm wringkrag. Dieselfde 5-gang handratkas van die ander K2700 modelle doen ook diens in die Sebenza.
Die KIA K2700 Workhorse Sebenza kos R211,995-00.
Al drie die spesiale modelle kom standaard met KIA se beste in klas 5jaar/150 000km waarborg en 3jaar/onbeperkte kilometer padbystanddiens.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube