<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Luukse Ford vir SA

 
Rubrieke / Columns : 29 Jan 2015 171 Viewed By Dirk Gallowitz 0

Ford se Blou Ovaal is besig om met reuse treë terug te klim in die motorwêreld. In SA het die Ford Ranger bakkie onlangs die greep wat Toyota se Hilux vir jare op die bakkiemark gehad het uiteindelik verbreek en as topverkoperbakkie in SA na vore gery.
Laasweek het Ford SA die Fusion plaaslik bekend gestel om die greep wat die Duitse Trio nl,  BMW, Mercedes en Audi op die mark vir luukse gesinsedans het, uit te daag.
Die Fusion is geskoei op die vierde generasie Mondeo wat reeds in 1993 in SA bekend gestel is  en waarvan meer as 4,5-miljoen eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Met ‘n vloeiende sportiewe daklyn en nuwe aggressiewe vooraansig is daar bykans trekke na ‘n Aston Martin. Verder beloof die Fusion klasleidende brandstofekonomie vanaf die vier enjin keuses wat tans beskikbaar is.  Die 1.5-liter EcoBoost  enjin lewer ‘n gewillige 132kW en 240Nm terwyl die kragtiger 2.0-liter EcoBoost enjins onderskeidelik  149kW/300Nm en 177kW/340Nm bied. ‘n 2.0-litre TDCi dieselbrander is ook beskikbaar en lewer 132kW se piekkrag met  400Nm wringkrag.
Die Fusion bied die tegnologiese bykomstighede en elektroniese hulpmiddels netjies verpak in kwaliteit materiale met uitstekende afwerking en vakmanskap in al die modelle.
Die intuïtiewe skakeling van wat Ford noem “Sync 2 voice-control connectivity” werk via ‘n 20cm raakskerm, geplaas middel bo in die voorpaneel. Telefoon, klank, ritinfo en klimaatbeheer word alles hiervandaan beheer.
Bestuurdershulpstelsels soos “lane keeping” en radarbeheerde aanpasbare spoedbeheer bied groter veiligheid. Daar is ook eletroniese parkeerhulp waar sensors ‘n beskikbare en paslike parkering identifiseer en die motor veilig in die parkeerplek navigeer.  
Al die modelle is slegs beskikbaar met ‘n outomatiese ratkas met ratspane agter die stuurwiel. Aandrywing is deur die voorwiele. Vir veiligheid is daar sewe lugsakke, ABS remme wat bygestaan word deur elektroniese nood remhulp en elektroniese remverspreiding. Stabiliteitsbeheer en traksiebeheer dra ook by tot die Fusion se arsenaal van aktiewe en passiewe veiligheidstelsels.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube