<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Varser voorkoms vir gewilde Nissan Juke

 
Rubrieke / Columns : 13 Mar 2015 136 Viewed By Dirk Gallowitz 0

Nissan het onlangs die baie gewilde Juke nutsbuks verfris en in SA bekendgestel.
Met wêreldwye verkope van meer as 500 000 eenhede sedert 2010 en met bykans 12 000 Juke’s wat in SA verkoop is sedert die plaaslike bekendstelling in 2011, is die Juke nou gereed vir ‘n tweede asem.
Die Juke se onortodokse stilering het behoue gebly en die Nissan familietrekke is steeds onmiskenbaar duidelik.
Buite voorlangs is daar nou ‘n nuwe meer prominente sierrooster met ‘n groter Nissan kenteken. Nuut ontwerpte hoofligte wat soos die van die Nissan 370Z lyk kom nou met geïntegreerde dagliggies. ‘n Herontwerpte kleurgepaste voorste buffer met swart luginlaat  rond die varser vooraansig af.
Nuwe kantspieëls met ingeboude flikkerligte bied nou ook ingeboude wyehoek kameras in die Tekna spesifikasievlak wat saam met die voorste en agterste kameras werk om ‘n 360o beeld binne op die 5,6” info-skerm te gee vir groter sigbaarheid wanneer die Juke in klein spasies gemanuvreer moet word. Al die modelle kry groter 17” sierwiele (behalwe die 1.2 DIG-T Acenta – bly 16”), terwyl die luukser Tekna spesifikasievlak met 18” wiele toegerus word.  
Aan die agterkant is daar ‘n nuwe agterdeur met groter nommerplaat area terwyl die nuut ontwerpteagterligte nou by die hoofligte pas. Die agterste lugskort is ook herontwerp.
Binnekant het die kajuit steeds die prettige ontwerp-elemente behou wat bygedra het tot die Juke se gewildheid. Die kleurgepaste ratkastonnel tussen die voorste sitplekke is steeds prominent. Die middelkonsole is herontwerp om ‘n premium gevoel te skep. Die sportstuurwiel met beheerskakelaars vir die klankstelsel, telefoonskakeling en spoedheer is steeds daar.
Die Juke se voorste sportsitplekke en groot ronde instrumentasie is ook behou en so ook die I-CON stelsel waarmee die bestuurder  rit en verrigtingverstellings kan maak waar Normaal, Sport of Eco modusse geselekteer kan word.
Met die uitsondering van die Juke vierwieltrek-modelle wat ‘n agterste ewenaar en multikoppel veerstelsel moet akkommodeer, kry die ander modelle in die Juke-reeks nou ‘n herontwerpte bagasieruim wat deur Nissan se witjasse met 40% vergroot is van 251 liter na 354 liter.
Al die modelle kom standaard met Bluetooth-koppeling, klimaatbeheer, ‘n Stop/Gaan-tegnologie en spoedbeheer.
Vir veiligheid is alle modelle toegerus met VDC (vehicle dynamic control), ses lugsakke en die gemoedsrus van ‘n 5-stêr Euro NCAP gradering.
Onder die enjinkap kry die opgekikkerde Juke nou turbokrag en direkte inspuitings vir al die enjinvariante.
Die nuwe 1.2 DIG-T (Direct Injection Gasoline - Turbo) enjin, wat sy debuut in die die nuwe Qashqai gemaak het, vervang die ou turbolose 1.6 liter petrol enjin wat in die intree modelle van die vorige Juke diens gedoen het. Die 1.2 DIG-Turbo enjin met tussenverkoeler lewer 85 kW @ 4 500 rpm en 190 Nm se wringkrag tussen 2 000 rpm en 4 000 rpm. Nissan sê hierdie enjin gebruik slegs  5.6 litres/100 km,  wat grootliks te danke is aan die Stop/Gaan tegnologie wat nou standaard is op elke model in die nuwe Juke reeks.
Die tweede petrolenjin in die reeks is die 1.6 DIG-T en bied dieselfde tegnologie as die 1.2 enjin maar lewer 140 kW @ 5 600 rpm en 240 Nm tussen 1 600 en 5 200. Die 0-100 km/h neem 8 sekondes en brandstofverbruik  is slegs 6.9 liter in ‘n gekombineerde siklus.
Die  gewilde 1.5 dCi turbo diesel enjin is die derde enjin in die reeks en bied 260 Nm wringkrag tussen    1750 en 2 500 rpm met 81 kW @ 4 000 rpm se piekkrag terwyl dit slegs 4.2 liter diesel per 100km drink in ‘n gekombineerde siklus.
 ‘n Keuse van ‘n 6-spoed handratkas of Nissan se XTronic CVT outokas is beskikbaar.
Die opgegradeerde Juke-reeks is beskikbaar in Acenta, Acenta+, Tekna en Tekna met sondak en NissanConnect opsies.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube