<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Die selfsug monster

 
Rubrieke / Columns : 04 Jul 2016 985 Viewed By Martie Le Grange 0

Soms wil dit vir voorkom asof die mens in ‘n vernietigende, selfsugtige, gierige en selfgesentreerde monster verander het. Die mensdom het vasgevang geraak in selfsug en selfbeheptheid. Martin Luther King het gesê: “Die mens is in sy selfsug volledig ingebuig op homself.”
Die wêreld kan egter ‘n soveel beter plek wees as elkeen van ons minder gefokus is op net onsself.
Realiteit in die hedendaagse lewe skets ‘n vreesaanjaende prentjie en laat ‘n onaangename smaak in die mond. Rassisme en politieke gevegte is aan die orde van die dag en gierigheid vir ‘n beter lewe gaan gepaard met geweld en misdaad. Mense se lewens word geruïneer deur selfsug en bloed vloei al hoe meer want min mense laat toe dat die son oor sy medemens skyn.  
Om ‘n verskil te maak moet ek by myself begin het ek eendag besef toe net my glimlag vir ‘n vreemde persoon baie beteken het. Die persoon was ‘n bejaarde man wat my onmiddellik gekomplimenteer en bedank het vir my vriendelikheid. “Die lewe is reeds so gebroke, hoekom moet mens nog in vroom gesigte vaskyk?,” wou hy weet. Hy het my opnuut laat besef dat vriendelikheid niks kos nie. Tog laat dit mens goed voel wanneer jy vir iemand anders iets kon beteken sonder om moeite te doen en sonder om daarvoor te betaal. ‘n Goeie daad teenoor ander en onselfsugtigheid is soos ‘n natuurlike anti-depressant.
Net daar en dan het ek ‘n besluit geneem. Dit is die klein dingetjies in die lewe wat saakmaak. Deur te streef daarna om die wêreld ’n beter plek te maak en om ’n verskil in ’n ander persoon se lewe te maak is wat die waarde en sin van ons eie lewe bepaal. Die harwar van die lewe en mense se beheptheid om sy eie behoeftes te be-
vredig het die oorhand gekry. “What’s in it for me” het by mense ’n eerste prioriteit geword.
Mense kan op elke gebied van die lewe ‘n verskil maak deur onselfsugtig op te tree, hetsy in die verkeer, op die atletiekveld, by die werk en selfs by die huis en in die huwelik. Stel ander eerste en wees die beter persoon was mý besluit. Wat is joune?

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube