<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP blyspel ’n wenner!

 
School : 18 Jul 2014 131 Viewed By Adele Essakow 0

“Die mense van Distopia voer ‘n sinnelose bestaan, vasgevang in hulle daaglikse roetines, met ‘n elektriese heining om hulle dorp, wat ontsnapping onmoontlik maak. Eendag daag daar egter ’n vreemdeling op wat dit durf om te glo dat die stories wat hulle elke dag hoor nie net legendes en sprokies is nie. Hy krap hulle vooropgestelde idees deurmekaar, maar uiteindelik moet elkeen ‘n besluit neem of hulle wil ontsnap en of hulle altyd vasgevang sal wees.”
Hoërskool Piet Potgieter (HPP) bied hierdie jaar ‘’n wonderlike musiekbly-
spel, geskryf deur Mokopane se eie Deirdré en Eldiré Strauss aan. Die musiekblyspel het 'n dieper
boodskap en sinspeel op ’n gevoel van magdeloosheid en dat ons Redder (Jesus) ’n reuse verskil kan maak in ons lewens.
‘Trapped’ se hoofkarakters is Nico en Zoë en word vertolk deur Rikus Strauss en Mariska
Pretorius (ook bekend as die sangeres Mia Louw).
Deirdré het aan die begin van April oudisies
gehou en in Mei maand begin repeteer.
Behalwe vir Deirdré se betrokkenheid by die HPP blyspel, is sy ook ’n ou bekende in Mokopane se musiekkringe en rig ook HPP en Laerskool Krugerpark se kore af. Eldiré (20) is haar dogter en studeer tans onderwys in Pretoria.
Moet nie hierdie produksie misloop nie! Die produksie is hierdie jaar van 4 -6 Augustus om 19:00, in die Hoërskool se skoolsaal op die planke.
Kaartjies is R60 per persoon, vir besprekings kontak Karien op 015 491 3201.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube