<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Voorsmakie van hoërskool

 
School : 05 Sep 2014 70 Viewed By NoordNuus reporter 0

Graad 7 leerders van Ellisras Laerskool en Laerskool Bosveld Primary het onlanhgs Hoërskool Ellisras besoek tydens dié skool se opedag. Die leerders het 'n voorsmakie gekry van wat hulle te wagte kan wees wanneer hulle op 13 Januarie 2015 as Graad 8’s by die skool aanmeld. Dit was veral die vak uitstallings wat die aandag getrek het. Hier wys Estefan Pieterse (Graad 11) hoe die hart werk as deel van die Biologie vak uitstalling. Alize Hoepfner (Graad 11) het wetenskap na speletjies laat lyk. Mias Nortje, Sarel Haasbroek en AJ van der Walt het Kalium Nitraat met suiker gemeng om die Graad 7’s te vermaak met  ‘n rookbom. Sien gerus die video op Noordelike Nuus se Facebook-blad. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube