-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vier skuts van die CVO Skool Potgietersrus wat reeds hulle Limpopo kleure in Augustus verwerf het gaan eersdaags aan die Suid Afrikaanse Nasionale Skole Skutters Unie (SANSSU) se nasionale skietkompetisie deelneem.
Die nasionale skietkompetisie bestaan uit die 300 beste skuts in die land wat teen mekaar gaan meeding. SANSSU het sowat 1 200 geaffilieerde skuts vanuit van SA skole.
CVO Skool Potgietersrus sê hulle kan met trots spog met hulle skuts se prestasies nadat hulle vier jaar gelede begin het om aan die SANSSU Luggeweerskiet deel te neem. Die skool het in die afgelope drie jaar reeds 10 skuts gehad wat Limpopo verteenwoordig het op nasionale vlak. In dié tydperk was daar ook twee skuts wat die SANSSU span verteenwoordig het op internasionale vlak in Engeland. Zelda Genis het aan die mees onlangse internasionale skietkompetisie deelgeneem.
Elizmay le Grange was in 2012 ‘n nasionale kategoriewenner en in 2013 was sy die naaswenner met vier punte in die o/16 ouderdomsgroep. Le Grange en Zelda Genis was deel van die 4-lid-span wat in 2013 as landswye spanwenners met gouemedaljes weggestap het in die nasionale kompetisie.
Marni van den Heever het voorheen die provinsiale span behaal en is van plan om haar merk vanjaar ook tydens die nasionale kompetisie te maak. Gielie Botha het vanjaarvir die eerste keer sy provinsiale kleure verwerf.
Die CVO luggeweerspan spog met 19 skuts vanaf die ouderdomme 9 tot 18 jaar wat deelneem in al die dissiplines van skiet.
- Martie Pretorius
0 Comments