-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die skaak seisoen is onlangs op luisterryke wyse afgesluit met `n vriendskaplike toernooi wat Laerskool Bosveld Primary aangebied het. Die skole wat deelgeneem het is Laerskool Koedoeskop, Laerskool Platina en Laerskool Bosveld Primary.
Een van die kenmerke van ‘n skaaktoernooi is dat daar glad nie gepraat mag word terwyl 'n wedstryd aan die gang is nie.
Wat 'n belewenis was dit om die 100 leerders van Graad 1-7 in doodse stilte te sien speel.
”Skaak is `n spel vir leerders met goeie maniere, selfbeheersing en deursettingsvermoë,” sê Sonja van Deventer, die adjunk-hoof van Laerskool Bosveld Primary.
Al die leerders wat deelgeneem het is beloon met 'n pragtige sertifikaat.
0 Comments