-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Laerskool Ellisras se kleuterskool het Saterdag die kinders van ander plaaslike kleuterskole en ook die private kinders uitgenooi om deel te neem aan verskeie sport items. Daar was verspring, hoogspring, 60m naellope, 30m naellope en ook gewigstoot. Lephalale se kleingoed vanaf twee tot ses jaar kon deelneem.
Hierdie was sowaar ‘n dag vol pret en die ouers het hul kinders goed ondersteun en baie van die kleuters het uitgeblink in hul ouderdomsgroepe. Xavier Erasmus (foto regs) het ‘n rekord 1m gestoot by die gewigstoot in die vyf tot ses jaar ouderdomsgroep vir seuns!
Die kleuters het deelgeneem aan elke item en daar is vyf bestes uitgekies wat medaljes ontvang het. Aan die einde van die dag het elke kleuter wat nie ‘n plek in enige van die items ontvang het nie ‘n medalje gekry vir hul getroue deelname. Elke kleuterskool se hoof het 'n beurt gekry om medaljes te oorhandig.
Lorain van de Watt en haar span het saam met die kleuter ouers, Laerskool Ellisras prefekte en ook die ander skole se onderwysers gewerk om die dag ‘n sukses te maak.
0 Comments