<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS se uitblinkers

 

Spesiale toekennings: Larissa Nel (sportvrou), Christiaan Kruger (sportman), Nandri de Beer (kultuurpersoonlikheid), Charlotte Eckhard (handhawingstrofee) en Nadia Louw, die Duxleerling.

School : 30 Oct 2014 298 Viewed 0

Ellisras Hoërskool het op 22 en 23 Oktober hul spesiale toekennings uitgedeel en hul toppresteerders beloon.
In Graad 8 is Henja Glas die beste presteerder met ‘n gemiddeld van 87.3%. In Graad 9 is dit Cherantè Snyman met 95.2%, Graad 10 Karli von Blommestein met 92%, Graad 11 Kyla Strydom met 92.4% en Graad 12 Nadia Louw  met 92.4%.
Verskeie sporttoekennings is ook gemaak soos Dian Pitout beste junior bouler, JD Smit beste junior kolwer veelsydigste speler en junior krieketspeler, Dario Geyser beste junior seuns swemmer en Gerhard Pepler (Graad  9) as beste gholfspeler van die jaar. Janke Punt is beste junior redenaar en Lerato Ditsela is beste junior Engelse openbare spreker.
Louis Wessels en Pieter du Plessis deel die toekennings van voorspeler en rugbyspeler van die jaar. Die o/16 rugbyspelers het ere pennings ontvang vir die Beeldtrofee wat hulle as wenners Ellisras toe gebring het.

 

 

 
 

Te veel trofeë om vas te hou! Ellisras Hoërskool (EHS) het verlede week hul spesiale lourie funksie gehou. Nadia Louw is aangewys as die Dux Leerder en Rassie van die jaar.

Johan Pitout en Kyla Strydom is verkies is as EHS se hoofleiers vir 2015.

Die komiteevoorsitters is Sarel Haasbroek, Johan Ross, Bertus van der Merwe, Johan Pitout, Kyla Strydom, Lindi-Lee van der Merwe, Hilde van Staden en Simond Steenekamp.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube