<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP leerders blink uit op kultuurvlak

 

HPP se koor se optrede tydens die skool se onlangse kultuurprysuitdelingsfunksie .

School : 06 Nov 2014 331 Viewed By Martie Le Grange 0

Hoërskool Piet Potgieter se kultuur prysuitdelingsfunksie op 15 Oktober spog met nog presteerders wat vereer is.
Die uitslae in hulle onderskeie kategorieë is soos volg:
Redenaars: Joekie Lessing het sertifikate aan die dié leerders oorhandig. Hulle is Anria Kruger, Shiné Longuiera, Kurt Kruger, Quinton Lourens, Engelie Schoeman, Germari Steyn, Lianca Welgemoed, Kinna Wessels, Solané Baloyi, Pride Chokwe, Jaco van Rooyen, Joshua Somo, Lané du Plessis, Marianka Terblanche, Chanté du Plessis, Jade van den Bergh, Sulize van Rooyen en Jan Gerhard Venter. Anria Kruger, Kinna Wessels, Sulize van Rooyen en Jan Gerhard Venter het ook elk ’n sertifikaat ontvang vir hulle Interhoër deelname.
Openbare Toespraak (Public Speaking): Ezahn Maritz het aan Solané Baloyi en Logan Audie sertifikate vir deelname aan die Interhoër oorhandig.
Dirigente: Ilze Malan het sertifikate aan die volgende leerders oorhandig: Rikus Strauss, Brendan Strydom, Jan Gerhard Venter, Andrew Howitt, Dewald de Beer, Jaclyn Potgieter, Marianka Terblanche, Kristen Potgieter, Tebogo Mphahlele en Emily de Graaf.
Musiekblyspel: Koorafrigter Deidré Strauss het die volgende leerders sertifikate oorhandig: Charlotte le Roux, Driekus Kleynhans, Colin Steyn, Erik Kotze, Melvin Matlala, Adie du Toit, Diniel Meintjies, Dries Visagie, Tiaan Greyling, Cara Sinclair, Malydia Korff, Nicolene Smit, Angelique van Niekerk, Ditshego Manamela, Mathabo Masenye, Theressa Oosthuizen, Anké Hurn, Sunette Human, Suné Terblanche, Dawie Muller, Reneiloe Tsebe, Moshadi Langa, Willem van Dyk, Mariska Pretorius, Rabiah Mantjane, Rikus Strauss, Jade van den Bergh, Tshepho Mathato, Monique Smith, Charnette Opperman en Bridgett Seopa.
Toneel - Bitterfontein: Yvette Wessels het aan die volgende toneelspelers ’n sertifikaat vir die ATKV deelname oorhandig: Jan Barwise, Rudolf Jacobs, Zeldri Nel, Kinna Wessels, Megan Smuts, Misha Peens, Jana Kirchner, Jan-Dirk van Eck, Renaldo van Wyk, Jana-Lené van Eck en SW Bruwer.  Zeldri Nel het hiervoor ook ’n goud spel toekenning verwerf. Megan Smuts, Kinna Wessels en Misha Peens het elk ook ’n silwer spel toekenning verwerf en Rudolf Jacob en Jan Barwise ontvang elk ’n silwer toekenning vir onderskeidelik klank en beligting.
Toneel – Stilte Asseblief: Mev. Wessels het ook sertifikate aan die volgende leerders oorhandig vir hulle ATKV deelname: Hulle is SW Bruwer, Rikus Strauss, Stanley Blount, Jan-Hendrik van der Wateren, Kinna Wessels, Gaby Nel, Marina Vorster, Anria Kruger, Jana Kirchner, Quinton Lourens, Renaldo van Wyk, Jana-Lené van Eck, Janke Blount, JD Vorster en Misha Peens. Zeldri Nel ontvang nog ’n goud spel toekenning en Megan Smuts, Kinna Wessels en Misha Peens verower elk nog ’n silwer spel toekenning.
Rudolf Jacobs en Jan Barwise spog met ’n tweede silwer toekenning vir bogenoemde toneel vir onderskeidelik klank en beligting.  
’n Goud en silwer spel toekenning word ontvang deur Rikus Strauss. ’n Goud sowel as ’n brons ensemble toekenning word oorhandig aan Jan-Hendrik van der Wateren, Misha Peens, Marina Vorster, Kinna Wessels, Janke Blount, Stanley Blount, Gaby Nel, JD Vorster, Quinton Lourens en Anria Kruger.  Renaldo van Wyk verwerf ’n goue en brons toekenning vir klank en SW Bruwer ontvang ook ’n goue en brons toekenning as dataprojektor. Jade van den Bergh verwerf ’n brons toekenning vir teks, regisseur en grimering.
Ondanks hande vol toekennings en sertifikate, het leerders ook erkenning ontvang vir die Bosveld Musiekfees sowel as vir die Bosveld Kunsfees. Die skool se koorlede het elk ook ’n sertifikaat ontvang en met die funksie se afsluiting  opgetree.

 

 

 
 

HPP se koor se optrede tydens die skool se onlangse kultuurprysuitdelingsfunksie .

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube